loading
Artikels
4 dae gelede
verskeie-borge-maak-ambagdag-2025-moontlik

Foto Krediet: Solidariteit

Verskeie borge maak Ambagdag 2025 moontlik

Ambagdag 2025 het op vakmanskap, vaardighede en netwerkgeleenthede gefokus. Die borge het ʼn belangrike rol gespeel deur geleenthede te voorsien, pryse te borg en ʼn netwerk van ambagslui te versterk. Lees hier meer oor die borge wat Ambagdag 2025 moontlik gemaak het.


Deur Kyla-Ann du Toit

Honderde ambagslui, studente, gesinne en bedryfsvennote het by Ambagdag 2025 bymekaargekom om die ambagbedryf en die toekoms van ambagte te vier. Die borge op die dag het ʼn baie belangrike rol in die sukses van Ambagdag gespeel met borge en pryse ter waarde van ongeveer R130 000!

“Dit is die uitstallers wat jaarliks Ambagdag moontlik maak en die bywoning van mense om dié dag se sukses te verseker,” sê Dirk Smit, netwerkorganiseerder van die Solidariteit Ambagnetwerk. “Vanjaar was die eerste jaar wat uitstallers en borge vir ons op só ʼn mate pryse geborg het dat ons meer pryskategorieë bekend kon stel.”

Die waarde van netwerkbou op Ambagdag

Ambagdag is nie net ʼn geleentheid om vaardighede te vier nie, maar ook om waardevolle kontakte te maak en nuwe netwerke te bou. Die borge en uitstallers het as vennote en maatskappye nie net die dag se geleenthede moontlik gemaak nie, maar ook gehelp om ʼn dinamiese netwerk te vorm. Die netwerkgeleenthede op dié dag het nie net die bywoners toegelaat om meer oor die ambagte te leer en te sien nie, maar ook om ander mense te ontmoet wat hulle loopbaantoekoms kan help vorm.

Die uitstallers op Ambagdag 2025 was verteenwoordigend van ʼn uiteenlopende groep maatskappye wat die ambagbedryf ondersteun. Van ondernemings wat tegnologiese innovasies bevorder tot maatskappye wat die beste in industriële dienste aanbied. Hierdie uitstallers se produkte, inligting en dienste het die sukses van die dag verseker.

“Die Solidariteit Ambagnetwerk is baie dankbaar vir die verhoudings wat ons oor die afgelope drie jaar met uitstallers kon bou,” sê Smit.

Borge wat Ambagdag 2025 moontlik gemaak het:

  • [Kd1] IVibramech
  • • Pretoria-Noord Toyota
  • • Cosmo Training Academy
  • • Cosmo industrial
  • • Benetrax
  • • SA Truck bodies
  • • Innovative Gunsmithing
  • • Noltrix
  • • SED Electric
  • • Marce
  • • John Vorster-sonkar
  • • Rham Equipment
  • • Sarel Venter Mesmakers
  • • Charles Auto Services
  • • Century Avionics
  • • Jonssons Workwear
  • • Pretoria Old Motorclub
  • • PFERD
  • • Eskort

Die borge van Ambagdag 2025 het nie net die nodige fasiliteite en geleenthede vir die suksesvolle uitvoering van die dag voorsien nie, maar het ook bygedra tot die versterking van die netwerk van ambagslui en diensverskaffers. Die pryse wat uitgedeel is, was werklik indrukwekkend en het vir die wenners daarvan waardevolle gereedskap en opleiding gebied om hul vaardighede verder te bevorder.

Pryse wat op die dag uitgedeel is:

  • 4 × inverter-sweismasjiene (R1 800 elk)
  • • 3 × slim UPS’e (R21 500 elk)
  • • 1 × Eskort-koopbewys (ter waarde van R1 000)
  • • 1 × PFERD-geskenk (ter waarde van R3 300)
  • • 1 × HellermannTyton elektriese toestel
  • • 4 × kontantpryse ter waarde van R2 500 elk
  • • 1 × PV GreenCard-sonkragkursus (ter waarde van R14 600)
  • • 1 × Technicol SA N4- tot N6-kursus
  • • 4 × Takealot-geskenkbewyse (R500 elk)

Erkenning en gemeenskapbetrokkenheid

ʼn Belangrike deel van Ambagdag 2025 was die erkenning van mense wat daartoe bydra om die ambagbedryf te bevorder. Dit het nie net oor die deelnemers gegaan nie, maar ook oor die verskeie maatskappye en organisasies wat werkgeleenthede bied en vakmanskap bevorder. Die erkenning aan lojale lede van die Solidariteit Ambagnetwerk het die gemeenskap se betrokkenheid en die waarde van samewerking ook beklemtoon.

Ambagdag 2025 was ʼn dag van inspirasie en vaardighede, netwerkgeleenthede tussen studente en ervare ambagslui, asook die viering van vakmanskap. Die bydraes van die borge en uitstallers het nie net die dag moontlik gemaak nie, maar het die netwerk binne die ambagbedryf versterk.

Met baie meer geleenthede om deel te neem, is Ambagdag 2026 reeds ʼn geleentheid om na uit te sien. Hierdie dag is ʼn bewys van hoe die Solidariteit Ambagnetwerk sy betrokkenheid en die bou van ʼn sterk beroepsgemeenskap bevorder.

Sluit vandag nog by jóú beroepsgemeenskap aan en wees só deel van die toekoms van ambagte!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel