Afrikaans

English

loading
avatar
Mediaverklarings
3 dae gelede
beeindig-buitensporige-bokoste-op-brandstof-nou-maan-solidariteit

Foto Krediet: Pexels

Beëindig buitensporige bokoste op brandstof nou, maan Solidariteit

Solidariteit doen ’n beroep op brandstofmaatskappye om buitensporige bokoste – van tot R3 per liter op diesel en R1 per liter op petrol – summier te staak.

Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is dit misleidend om te beweer dat hierdie heffings geen impak op die eindverbruiker het nie.

“Eienaars van vulstasies kan nie hierdie koste absorbeer nie, wat beteken dat verbruikers onafwendbaar meer vir diesel sal betaal. In die geval van petrol, waar pryse strenger gereguleer word, plaas dit vulstasies in ’n onmoontlike posisie,” sê Du Buisson.

Hy waarsku verder dat groothandelaars hulle monopolieposisies ten koste van die algemene publiek misbruik.

“Vervoerkontrakteurs het geen ander keuse as om hierdie pryse te betaal nie, en hierdie koste word uiteindelik na die verbruiker deurgegee,” verduidelik Du Buisson.

Solidariteit wys ook daarop dat dieselfde brandstofmaatskappye in die verlede teen die deregulering van brandstofpryse gekant was.

Hulle moet dus nou aanspreeklik gehou word om binne die bestaande regulasies op te tree en nie die stelsel te manipuleer tot nadeel van verbruikers nie.

Solidariteit sal voortgaan om druk toe te pas totdat hierdie onregverdige praktyke beëindig word.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel