Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Lugvaart: Topvyf-vraagstukke in Maart 2026
Verskeie mediaberigte het in Maart 2026 gewys dat die Suid-Afrikaanse lugvaartsektor steeds met operasionele en strukturele uitdagings worstel. Probleme met navigasieprosedures, personeeltekorte en infrastruktuur plaas die lugvaartsektor in Suid-Afrika onder geweldige druk. Hier is ʼn lys van artikels wat hieroor handel:
1. Tydelike brandstofheffing op FlySafair-kaartjies
FlySafair het vroeg in Maart self die koste gedra om passasiers teen onmiddelilike brandstoftariefverhogings te beskerm, maar moes intussen ʼn tydelike heffing op sekere vlugte hef.
2. George- en King Phalo-lughawe kry internasionale akkreditasie
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het nou ses geakkrediteerde lughawens onder sy bestuur.
3. Brandstofvoorraad vir lughawens gaan nie oornag stabiliseer nie
Dit kan maande neem om die brandstofvoorraad vir lughawens te stabiliseer weens die konflik in die Midde-Ooste.
4. Koste van retoervlugte styg met R2 000
ʼn Retoervlug tussen Kaapstad en Johannesburg is nou R2 000 duurder namate bybetalings weens brandstofpryse styg.
5. Stygende brandstofpryse weens Midde-Ooste-konflik tref Suid-Afrikaanse lugdienste
Suid-Afrikaanse lugdienste ondervind toenemende druk namate stygende brandstofpryse bedrywighede ontwrig, wat sommige lugdienste aangespoor het om kaartjiepryse te verhoog.
Hou Solidariteit se Lugvaartsektorgroep dop vir die jongste nuus en gebeure in jou beroep.