loading
avatar
Artikels
2 dae gelede
mynbou-topvyf-vraagstukke-in-maart-2026

Foto Krediet: OkayDeer

Mynbou: Topvyf-vraagstukke in Maart 2026

Verskeie mediaberigte in Maart 2026 het aangedui dat die Suid-Afrikaanse mynbousektor ʼn reeks strukturele en veiligheidsuitdagings in die gesig staar. Kwessies soos onwettige mynbou, elektrisiteitskoste en veiligheidskwessies het gereeld opslae gemaak. Die volgende vyf vraagstukke het besonder sterk na vore gekom:

1. Ekapa-myntragedie

Solidariteit het ʼn deeglike ondersoek geëis ná vyf mynwerkers hul lewens verloor het ná ʼn modderstorting by die Ekapa-myn.

Lees hier meer.

2. Druk op mynbou weens hoë elektrisiteitstariewe

Solidariteit het die voorlopige kragtarief vir Glencore-Merafe en Samancor verwelkom, maar waarsku dat selektiewe verligting ander maatskappye in gevaar kan stel.

Lees hier meer.

3. Smelters en verwerkingsaanlegte kan moontlik sluit

Hoë energie- en bedryfskoste plaas groot druk op Suid-Afrikaanse smelters.

Lees hier meer.

4. Onwettige mynbou in Gauteng

Volgens pres. Cyril Ramaphosa gaan die ontplooiing van soldate om onwettige mynbou in Gauteng te bekamp sowat R80 miljoen kos.

Lees hier meer.

5. Mynproduksie groei ondanks globale ekonomiese onsekerheid

Volgens ontledings het die land se mynbouproduksie jaar-tot-jaar met 4,6% gegroei, met aansienlike toenames in chroom-, mangaan- en platinumgroepmetale.

Lees hier meer.

Hou Solidariteit se Mynbousektorgroep dop vir die jongste nuus en gebeure in jou beroep.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel