Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Begin 2026 met ʼn wen: Sluit aan by Solidariteit se Studentelewegroep!
As student weet jy dat jy reeds in jou studiejare vir die wêreld van werk moet begin voorberei. Tog weet baie studente nie altyd waar om te begin nie.
Begin die nuwe jaar met ʼn wen en sluit aan by Solidariteit se Studentelewegroep. Dit is ʼn netwerk vol mense wat saam met jou aan ʼn praktiese plan van aksie werk – propvol hulpbronne en geleenthede wat jou studentelewe en toekoms versterk.
As student dink jy aan klasloop, koshuislewe, toetse en eksamens, maar iewers in jou agterkop is daar ook vrae soos: “Hoe gaan ek my eerste werk kry? Hoe lyk ʼn goeie CV? Wat gebeur tydens ʼn werkonderhoud?”
Dít is presies waar Solidariteit se Studentelewegroep jou geheime voordeel word.
Wat is die Studentelewegroep?
Die Studentelewegroep vorm deel van Solidariteit se aanlyn platform en gee jou gratis toegang tot praktiese en bruikbare hulpbronne wat jou vir die lewe ná universiteit voorberei. Of jy nou ʼn eerstejaarstudent is of amper klaar is met jou studies – hierdie groep gee jou ʼn voorsprong bo ander studente.
Dink aan ʼn kombinasie van Google, ʼn loopbaanadviseur en jou beste vriend – alles op een platform.
Hoekom moet jy aansluit?
1. Bou ʼn CV waarop jy trots is
Jy hoef nie meer te raai hoe ʼn professionele CV moet lyk nie. In die Studentelewegroep kry jy toegang tot:
- ʼn volledige CV- en onderhoudgids;
- ʼn lys van algemene onderhoudvrae en wenke vir jou eerste onderhoud;
- voorbeelde van vrae wat jy tydens die onderhoud kan vra; en
- video’s oor hoe om ʼn wenner-CV saam te stel en hoe om vir onderhoude voor te berei.
Maak nou al werkaansoeke en onderhoude minder stresvol. Jou toekomstige self sal baie bly wees.
2. Leer hoe om werk te soek
Baie mense besef eers ná hul studies dat werksoek nie so eenvoudig is soos hulle verwag het nie. Die Studentelewegroep bemagtig jou met kennis oor:
- hoe om LinkedIn tot jou voordeel te gebruik;
- hoe om jou professionele netwerk te bou;
- hoe en waar om werkgeleenthede te soek; en
- hoe om jou aansoeke te laat uitstaan sodat jy nie net nog ʼn naam op ʼn lys is nie.
Jy wil nie onvoorbereid die werksoek-wildernis betree nie – kry nou al jou padkaart!
3. Begin jou geld slim bestuur
As student leer jy gou hoe maklik geld kan verdwyn as jy nie vooruit beplan nie. Die Studentelewegroep bied:
- ʼn begrotingstemplaat;
- praktiese begrotingswenke; en
- ʼn toeganklike belastingsgids en -wenke.
So leer jy van vroeg af hoe om jou finansies te bestuur, lank voor jou eerste “grootmens-salaris” inbetaal word.
4. Leer slimmer, nie harder nie
Die Studentelewegroep deel ook:
- effektiewe leertegnieke en studiemetodes; en
- eksamen- en leerwenke om jou fokus en akademiese prestasie te verbeter.
Want hoekom moet jy langer leer, as jy met die regte metodes beter punte kan kry in ʼn korter tyd?
Waarvoor wag jy?
Skep vandag nog jougratis profiel op Solidariteit en skakel in by die Studentelewegroep. Gebruik al die hulpbronne tot jou beskikking en pak jou studentelewe met selfvertroue saam met Solidariteit aan!