loading
Artikels
5 dae gelede
vind-joustem-in-die-universiteit-en-samelewing

Foto Krediet: OkayDeer

Vind #JouStem in die universiteit en samelewing

Vind #JouStem! Ja, dit is noodsaaklik om as student méér te doen as net jou akademiese verantwoordelikheide na te kom. Jou studentejare is vorm jou, in soveel maniere wat jy nie verwag nie. Maak die meeste van jou studentetydperk – lees hierdie artikel vir inspirasie oor hoe jy dit kan doen.


Deur Liza Joubert

Dit is vir elke student noodsaaklik om hul eie stem te vind, veral in ʼn samelewing waar selfvertroue en leierskap noodsaaklike eienskappe is. Om by studenteverenigings of ander universiteitgroepe betrokke te raak, bied ʼn ideale geleentheid om hierdie vaardighede te ontwikkel. Dit gaan nie net oor jou akademiese groei nie, maar oor jou algehele ontwikkeling as ʼn individu.

Jou deelname aan ʼn studentevereniging of skoolgroep bied verskeie voordele. Die eerste groot voordeel is dat dit jou help om selfvertroue te ontwikkel. Wanneer jy aan ʼn groep behoort, kry jy die geleentheid om jou stem te laat hoor, jou idees te deel en met ander saam te werk. Hierdie proses skep ʼn veilige hawe waar jy kan leer om jou standpunte te deel en verantwoordelikheid te aanvaar vir besluite wat jy saam met die groep neem. Met elke byeenkoms of taak wat jy aanpak, versterk jy jou selfvertroue, wat jou kan voorberei vir groter uitdagings wat die lewe nog jou kant toe gaan gooi.

Nog ʼn belangrike voordeel is die ontwikkeling van leierskapvaardighede. Ongeag of jy in ʼn leiersrol of net ʼn aktiewe lid van die groep is, jy sal waardevolle vaardighede leer soos spanwerk, probleemoplossing en hoe om besluite te neem waaruit almal voordeel kan trek. Hierdie vaardighede is noodsaaklik, nie net vir die werkplek nie, maar vir enige situasie waarin jy jouself in die toekoms mag bevind.

Deur aktief by hierdie groepe betrokke te wees, kry jy ook die kans om jou passie en belangstellings te ontdek. Jy mag dalk op nuwe loopbaangeleenthede afkom, of ʼn nuwe stokperdjie ontdek wat jou inspireer om verder te studeer of in ʼn spesifieke rigting te gaan spesialiseer.  

Solidariteit ondersteun dan ook studente in hierdie proses en moedig hulle aan om hul stem te vind. Dit bemagtig studente om hul studie te bemeester en berei hulle ook voor vir hul toekomstige werk. Jy kan hierby baat vind deur by die Studentelewe-groep aan te sluit, waar jy kan leer, netwerk en groei.

Die Studentelewe-groep is ʼn aanlyn tuiste vir studente. Hiér word jy bemagtig met kennis en geleenthede wat jou in staat stel om jou avontuur as student met mag en mening aan te pak terwyl jy vir jou toekoms voorberei.

Stappe vir sukses

  1. 1. Neem die eerste stap: Sluit aan by ʼn groep of klub wat jou belangstelling prikkel. Jy hoef nie onmiddellik ʼn leier te wees nie, maar net om betrokke te raak, is ʼn groot stap.
  2. 2. Brei jou netwerk uit: Leer ander studente ken wat dieselfde drome en aspirasies deel. Jou netwerk kan jou help om toegang te kry tot geleenthede wat jy andersins nie sou gehad het nie.
  3. 3. Leer uit elke ervaring: Elke vergadering, elke taak wat jy aanpak, bied ʼn geleentheid om te leer en te groei. Moenie bang wees vir uitdagings nie – dit is die plek waar jy die meeste leer.
  4. 4. Volharding en groei: Dit gaan nie altyd maklik wees nie, maar deur vol te hou en aan te hou deelneem, sal jy sterker en meer selfversekerd anderkant uitkom.

Deur betrokke te raak, begin jy jou reis na sukses. Dit is ʼn reis wat jou sal toerus met die selfvertroue en vaardighede wat nodig is om sukses te behaal, ongeag wat jou gekose loopbaanpad is.

Skep jou gratis profiel op Solidariteit, jou eenstop-netwerkplatform, en skakel in by die Studentelewe-groep vir ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel