loading
Mediaverklarings
2 weke gelede
begrotingskrisis-veel-meer-as-net-btw-verhoging-om-oor-wakker-te-le

Foto Krediet: Verskaf

Begrotingskrisis – véél meer as net BTW-verhoging om oor wakker te lê

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, se onlangse begroting word veral uitgesonder vir die skerp kritiek op die styging van BTW wat dit ontvang, maar dit verdien in der waarheid nog veel méér kritiek as dit. Lees meer hieronder.


So sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), oor die voortslepende begrotingskrisis waarvoor daar steeds geen lig aan die einde van die tonnel is nie.
Alhoewel Du Buisson óók die voorgestelde BTW-verhoging as skadelik vir die land en sy mense verwerp, glo hy ander skadelike elemente van die onaanvaarbare begroting kry nie genoeg aandag nie.

Kyk hier vir ʼn uitgebreide gesprek tussen Du Buisson en Werner Fourie, ekonomiese navorser van die Solidariteit Beweging , oor kritiek op die begroting wat wyer as net die BTW-verhoging strek.
In dié verband wys hy op die breër tendens van groter belasting en onvoldoende besnoeiings.
“Dit is absoluut onaanvaarbaar dat die kerwe vir persoonlike inkomstebelasting vir die tweede agtereenvolgende jaar onaangepas gelaat word. Meer mense in laer inkomstegroepe gaan gevolglik nou vir die eerste keer ooit persoonlike inkomstebelasting betaal. 
“Diegene wat rééds inkomstebelasting betaal, gaan agterkom dat die grootste deel van hulle verhogings eerder vir belasting as vir hulle eie sak gaan,” sê Du Buisson.
Hy sê deur hierdie begroting as “pro-groei” te bestempel omdat staatsbesteding steeds hoog bly, kan ook as ʼn verdraaiing van die werklikheid beskou word.
“Aan die een kant is daar konsensus dat staatsbesteding juis die oorsaak van die vernaamste probleme met die begroting is, maar daar is ʼn volgehoue onwilligheid om koste te besnoei, kamstig om groei aan te moedig. 
“Die regering moet besef dat die privaat sektor baie beter vaar om groei te bevorder en daarom moet die owerhede dringend ophou om die lewe uit die privaat sektor en gewone mense te wurg,” sê Du Buisson.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel