loading
Blogs
1 maand gelede
bela-dit-is-waar-ons-staan

Foto Krediet: Solidariteit

Bela: Dit is waar ons staan

Deur dr. Dirk Hermann

1. Die ooreenkoms by Nedlac tussen Solidariteit en die regering is bindend.

2. As die president aan die ooreenkoms wil onttrek, sal hy dit deur ʼn hofproses ongeldig moet laat verklaar.

3. Volgens die ooreenkoms sal die president nie die betwiste Bela-artikels implementeer nie, totdat daar norme en standaarde, regulasies en beleid opgestel is.

4. Solidariteit het reeds ʼn ooreenkoms met die minister van basiese onderwys gesluit oor die inhoud van die norme en standaarde, wat Afrikaanse skole beter beskerm.

5. Wetswysigings word nie uitgesluit nie.

6. Die minister sal voor Vrydag 13 Desember hierdie ooreenkoms as aanbevelings aan die president oorhandig.

7. Die president is wetlik verplig om dit in ag te neem.

8. Uit ʼn regsoogpunt kan die president dus nie op Vrydag 13 Desember die betwiste artikels implementeer nie. Doen hy dit, is ons in ʼn sterk regsposisie en sal hof toe gaan.

9. Die Regering van Nasionale Eenheid gaan probeer om voor Vrydag ʼn politieke oplossing te vind.

10. Hoewel ons in ʼn sterk regsposisie is, is politieke oplossings die eerste prys.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel