loading
Artikels
1 dag gelede
bemark-jou-vaardighede-suksesvol-en-kry-werk

Foto Krediet: OkayDeer

Bemark jou vaardighede suksesvol én kry werk

Deur Kyla-Ann du Toit

Het jy geweet Solidariteit het ʼn vaardigheidsbank geskep om ambagslui te help om hul vaardighede maklik en doeltreffend aan werkgewers landswyd te adverteer?

Ek weet, dit klink amper te goed om waar te wees, maar Solidariteit besef die uitdagings wat ambagslui in Suid-Afrika ervaar wanneer hulle werk soek.

Selfs die mees vaardige ambagspersoon kan sukkel om werk te kry – nie weens ʼn gebrek aan vaardighede nie, maar omdat hulle nie hul vaardighede reg bemark nie. Solidariteit se vaardigheidsbank is spesiaal geskep om dié probleem aan te spreek. Dit is ʼn gratis en eenvoudige manier om jou profiel te bou en jou vaardighede aan betroubare werkgewers ten toon te stel – én dit is vry van staatsinmenging.

Vermy hierdie foute

Wanneer jy jou profiel of CV skep, is daar ʼn paar slaggate wat jou kan terughou. Let veral op na die volgende:

  • • ʼn Onvolledige CV: Werkgewers wil weet wat jy kan doen. Moenie belangrike inligting uit jou CV laat nie.
  • • Geen foto’s of bewyse van werk nie: Visuele bewyse bou vertroue. Maak ʼn punt daarvan om voorbeelde van jou werk in jou CV in te sluit.
  • • Geen of verkeerde kontakbesonderhede: Maak seker dat werkgewers jou maklik kan bereik. Moenie dat verkeerde kontakbesonderhede die rede wees waarom jy gulde geleenthede misloop nie.
  • • Verouderde inligting: Hou die inligting op jou CV vars en relevant. Jou mees onlangse werkservaring is net so belangrik soos die aantal jare wat jy in die bedryf is.
  • • ʼn Passiewe benadering: Moenie wag vir werk om jou te vind nie. Wees proaktief en doen die nodige moeite.

Hoe werk die vaardigheidsbank?

  1. 1. Skep ʼn profiel op Solidariteit se webwerf (dis gratis).
  2. 2. Kies en klik op jou ambag uit die lys.
  3. 3. Laai jou CV op.
  4. 4. Let op dat jou CV met werkgewers gedeel kan word.
  5. 5. Werkgewers kry toegang tot jou profiel en kan jou kontak.
  6. 6. Jy word aan geskikte werksgeleenthede gekoppel.

So maklik soos dit!

Moenie geleenthede misloop wat binne jou bereik is nie. Klik hier om vandag nog jou profiel op Solidariteit te registreer en neem die volgende stap na ʼn suksesvolle loopbaan.

Bemark jouself – jou vaardighede is jou toegangskaartjie tot werk!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel