Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Vind die regte kandidaat vir jou pos – maklik én vinnig
Deur Kyla-Ann du Toit
Die regte pos vereis die regte kandidaat, maar waar kry werkgewers die regte kandidaat tussen al die aanlyn wêrelde? Solidariteit se vaardigheidsbank gee jou nie net toegang tot topkandidate nie, maar dit spaar jou ook die eindelose blaai deur ontoepaslike CV’s.
Dit is vir enige werkgewer ʼn groot uitdaging om die regte mense met die regte vaardighede aan te stel. Of dit loodgieters, sweisers, elektrisiëns of spesialiste in alternatiewe energie is, die vraag na betroubare en goed opgeleide ambagslui in Suid-Afrika is hoog. Tog mors werkgewers dikwels ure deur self deur CV’s te sif wat nie aan die nodige posvereistes voldoen nie.
Met Solidariteit se vaardigheidsbank word daardie uitdaging maklik opgelos. Hierdie unieke platform bied werkgewers toegang tot kandidate wat hul vaardighede, kwalifikasies en ervaring duidelik en volledig uiteengesit het. Deur eenvoudig ‘n e-pos na vaardigheidsbank@solidariteit.co.za te stuur waarin jy noem watter vaardighede jy in jou nuwe werknemer benodig, kan jy toegang kry tot CV’s vanuit die vaardigheidsbank. Ons doen dus die “sif-werk” namens jou!
Waarom baat werkgewers by die vaardigheidsbank?
- • Tydbesparing: In plaas daarvan om deur honderde lukrake aansoeke te werk, kan werkgewers net ‘n e-pos stuur en toegang kry tot kandidate wat reeds gekwalifiseer en geregistreer is.
- • Betroubaarheid: Werksoekers laai hul volledige CV’s, foto’s en bewyse van vorige werkservaring op. Dit bou dadelik vertroue en gee jou as werkgewer die sekerheid dat jy nie jou tyd mors nie.
- • Uitstekende kandidate: Omdat kandidate self verantwoordelik is om hul profiele op datum te hou, ontvang werkgewers vars, relevante inligting oor hul ervaring en vaardighede.
- • Gemeenskap: Deur die vaardigheidsbank te gebruik, versterk jy die Afrikaanse werkgemeenskap, help jy om skaars vaardighede binne plaaslike ondernemings te anker en ondersteun jy ambagslui in Suid-Afrika.
Bou jou wenspan – slimmer en meer doeltreffend
Danksy Solidariteit se vaardigheidsbank kry jy meer as net ʼn lys name. Jy kry ʼn dinamiese hulpmiddel om jou onderneming te laat groei – met die regte kandidate. In ʼn ekonomie waar skaars vaardighede goud werd is, is Solidariteit ʼn onmisbare vennoot vir werkgewers.
Plaas jou poste en vind die regte mense op Solidariteit se vaardigheidsbank.