
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Bemeester e-posetiket in ʼn japtrap
Kommunikasie per e-pos is deesdae dié vorm van kommunikasie en ons het so gewoond geraak daaraan dat ons onsself daaraan moet herinner om steeds professioneel te kommunikeer.
Die hart van Solidariteit is werk en daarom is dit belangrik dat ons lede goed moet kan werk en hul volle potensiaal moet kan bereik. Daarom bied Solidariteit ʼn kursus in e-posetiket om jou te bemagtig om e-posse wat aan professionele standaarde voldoen, uit te stuur. Klik hier om dié kursus te volg.
In hierdie kursus sal jy leer wat e-posetiket is en riglyne ontvang wat jou gaan help om uitstekend elektronies te kommunikeer. Danksy hierdie riglyne sal jy ook leer om gemorspos te beheer, die Popi-wet in gedagte te hou wanneer jy e-posse ontvang en stuur, op die uitkyk te wees vir verdagte e-posse wat dalk met virusse besmet is, en vele meer.
Maak die regte keuse en begin sommer vandag nog met hierdie kursus deur hier te klik of lees hier meer oor hoe jy vir voortgesette leer kan inskryf.
#RaakTuis by Solidariteit en word deel van ʼn netwerk van werk. Klik hier om vandag nog ʼn lid van Solidariteit te word.
Jou toekoms is in jou hande.