loading
Artikels
14 uur gelede
werkplek-van-die-toekoms-noodsaaklike-vaardighede-vir-5nr

Foto Krediet: OkayDeer

Werkplek van die toekoms: Noodsaaklike vaardighede vir 5NR

Deur Nico Strydom

Die vyfde nywerheidsrevolusie (5NR) verwys na ʼn nuwe fase van tegnologiese vooruitgang waar mens en masjien toenemend saamwerk om innovasie en volhoubaarheid te dryf, en waar lewenslange leer en die ontwikkeling van sekere vaardighede noodsaaklik is.  

Vinnige tegnologiese vooruitgang het tot gevolg dat die werkplek voortdurend verander. Dit behels onder meer dat rolle in die werkplek aangepas word en dat die vereiste vaardighede vir die rolle ook verander.

Lewenslange leer het ʼn absolute noodsaaklikheid in die werkplek geword vir diegene wat wil verseker dat hul waardevolle bates in hul organisasies behoue bly en wat hul loopbane toekomsbestand wil maak.

Tegnologie gaan ʼn sentrale rol in die toekoms speel met die vyfde nywerheidsrevolusie wat na verwagting groter samewerking tussen mens en masjien moontlik sal maak – waar mensgesentreerde vaardighede saam met gevorderde tegnologieë soos kunsmatige intelligensie en robotika benut word.  

Masjiene sal al hoe meer take kan hanteer wat tot gevolg sal hê dat die rol van werknemers verander. Die fokus sal wees om met tegnologie saam te werk en dit te benut, en om menslike sterkpunte en vaardighede in te span om tegnologiese vooruitgang aan te vul.

Met masjiene wat meer take hanteer, sal menslike rolle onder meer op bestuur en besluitneming fokus. Sagte vaardighede soos lewenslange leer, aanpasbaarheid, kritiese denke, probleemoplossing, emosionele intelligensie, kommunikasie, leierskap, spanwerk, kreatiwiteit, innovasie en tydsbestuur sal noodsaaklik wees vir sukses. Dit sal werknemers in staat stel om te floreer in ʼn mensgesentreerde tegnologies gevorderde omgewing.

Solidariteit wil jou met die nodige kennis bemagtig en bied met sy voortgesetteleeraanbod talle kursusse om jou toe te rus vir die werkplek van die toekoms.

Solidariteit se omvattendekursusoor Gevorderde Konflikbestuur sit die teorie en analise van konflikbestuur uiteen terwyl die belangrikheid van emosionele intelligensie en effektiewe leierskap in konflikbestuur ook deeglik ondersoek word. Dié kursus is ontwerp om jou toe te rus om konflik in spanne effektief te bestuur en waar moontlik konflik as ʼn produktiewe krag aan te wend.

E-pos is deesdae ʼn hoofvorm van kommunikasie in die werkplek, en professionele etiket in jou kommunikasie is uiters belangrik. In Solidariteit se E-posetiketkursus word daar 26 riglyne bespreek om jou e-posetiket te verbeter.

Die vyfde nywerheidsrevolusie bring ook talle nuwe geleenthede vir entrepreneurs mee. Entrepreneurs is unieke individue met visionêre denke, veerkragtigheid, aanpasbaarheid, kreatiwiteit, passie en ʼn sterk werksetiek. Solidariteit se Entrepreneurskapskursus bied ʼn interaktiewe en veeldoelige leerervaring vir aspirant-entrepreneurs. Hierdie kursus dek ʼn reeks sleutelkonsepte en vaardighede wat benodig word om ʼn suksesvolle onderneming te begin en te bestuur.

Projekbestuur het danksy tegnologiese vooruitgang groot veranderinge ondergaan en daar is ʼn fokus op verhoogde doeltreffendheid en samewerking. In Solidariteit se Projekbestuurskursus sal jy die basiese beginsels van projekbestuur verken, insluitend wat ʼn projekbestuurder doen, watter vaardighede vir die rol nodig is en hoe om ʼn span se potensiaal te optimaliseer.

Emosionele intelligensie het ʼn kritieke vaardigheid vir professionele sukses en persoonlike welstand geword. Solidariteit se kursus oor emosionele intelligensie sal jou help om hierdie vaardigheid te ontwikkel om sodoende by te dra tot doeltreffende spanwerk en professionele sukses.

Solidariteit help jou om jou volle potensiaal te bereik deur lewenslange leer. Lede van Solidariteit het gratis toegang tot al hierdie kursusse en soveel meer! Sodoende bemagtig Solidariteit jou met die nodige toerusting en vaardighede om suksesvol te wees vir die toekomstige werkplek. Skep jou gratis profiel en word deel van jou grootste Afrikaanse aanlyn leer- en werkgemeenskap.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel