loading
Artikels
1 jaar gelede
bemeester-goeie-kommunikasie-in-die-werkplek

Foto Krediet: OkayDeer

Bemeester goeie kommunikasie in die werkplek

Goeie kommunikasie is van kardinale belang in enige area van jou lewe, en as jy dit reg gebruik, kan goeie kommunikasie jou baie verwarring spaar, veral in die werkplek. Dit kan vir jou deure oopmaak en jou bo jou mededingers laat uitstaan.

Solidariteit bied ’n omvattende kursus aan om jou te bemagtig om goed in jou werkplek te kan kommunikeer. In hierdie kursus sal jy leer wat kommunkasie is, jou luistervaardigehde sal opgeskerp word, jy sal leer hoe om tydens ’n aanbieding gemaklik voor mense te praat, asook wat vergaderingprosedures en formele briefwisseling behels en hoe om ’n CV op te stel. Verder sal jy ook leer hoe om per e-pos te kommunikeer en hoe om kritiek op ’n positiewe wyse te verwerk.

Hierdie kursus is ideaal vir kantoorpraktisyns of enige iemand wat graag hul kommunikasievaardighede in die werkplek wil opskerp. Lees hier meer oor Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk of klik hier om die kursus te voltooi. #RaakTuis by Solidariteit en ontdek jou volle potensiaal. Lees hier meer oor hoe jy vir voortgesette leer kan inskryf.

Jou toekoms is in jou hande.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel