loading
Artikels
1 jaar gelede
bemeester-jou-bemarkingsplan-deur-voortgesette-leer

Foto Krediet: OkayDeer

Bemeester jou bemarkingsplan deur voortgesette leer

By Solidariteit is dit vir ons belangrik om lede deur voortgesette leer met inligting te bemagtig.

Wat van: Solidariteit het self ‘n kommunikasie- en bemarkingspan en Solidariteit se Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk sien aktief om na die belange van lede in die bedryf. Ons besef dus die waarde van die praktisyns vir ‘n organisasie. Kommunikasie- en bemarkingspraktisyns lê Solidariteit na aan die hart.

Ondernemings kan deesdae kwalik sonder ʼn kommunikasie- en bemarkingspan klaarkom. “Of jy nou jou eie besigheid moet bemark, ʼn maatskappy se produk of diens moet bemark of jouself, jy sal meer doeltreffend wees as jy ʼn goeie bemarkingsplan kan opstel,” aldus Juran van den Heever, ʼn kommunikasiespesialis.  Wanneer dit by bemarking kom, is daar baie op die spel en daarom bied Solidariteit ʼn kursus aan om jou te leer hoe om ʼn bemarkingsplan beter te verstaan.

In hierdie kursus sal jy leer hoe die raamwerk van ʼn bemarkingsplan moet lyk; hoe om jou mark te ontleed; hoe om ʼn bemarkingstrategie te beskryf; en hoe om bemarkingsplanne uit te werk om doelwitte te bereik. Verder sal die kursus jou bemagtig om ʼn kruisfunksionele span te organiseer om ʼn deeglike bemarkingsplan saam te stel.  Hierdie kursus is ideaal vir bemarkingsbeamptes wat bemarkingsbeplanningsvaardighede wil opdoen. ʼn Bemarkingsplan hoef nie ʼn lang dokument te wees nie. Dit moet net die volgende drie vrae kan beantwoord: Waar is jy nou? Waar gaan jy heen en hoe gaan jy daar uitkom? Klik hier om die kursus te voltooi sodat jy weet hoe om hierdie drie vrae te beantwoord.  #RaakTuis by Solidariteit en ontdek jou volle potensiaal.

Klik hier om oor Solidariteit se Kommunikasie- en Bemarkingnetwerk te lees, of lees hier meer oor hoe jy vir voortgesette leer kan inskryf.  

Jou toekoms is in jou hande.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel