loading
avatar
Artikels
2 dae gelede
bly-aan-die-voorpunt-van-tegnologiese-innovasie

Foto Krediet: OkayDeer

Bly aan die voorpunt van tegnologiese innovasie

Deur Karen Waldeck

Die hedendaagse uitdagende tye vereis dat werknemers slim aanpassings maak om relevant in die werkplek te bly. Nuwe tegnologieë, veranderende besigheidsmodelle en globale markte maak dit al hoe belangriker om jouself as ʼn werknemer onmisbaar te maak. Maar hoe kan jy dit doen? Deur jou vaardighede en kennis aan te pas en te verbeter, kan jy nie net oorleef nie, maar kan jy in hierdie veranderende omgewing floreer.

Hier volg ʼn paar praktiese strategieë om jouself vir die toekoms in die werkplek te beveilig:

1. Bly op hoogte van tegnologie

Die toekoms van werk is sterk gekoppel aan tegnologie. Of jy nou in ʼn kantoor werk, op ʼn konstruksieterrein is, of in die gesondheidsorgsektor werk, die kanse is groot dat tegnologie ʼn toenemende rol in jou dagtaak gaan speel. As jy nie gemaklik is met nuwe tegnologie nie, kan dit jou loopbaan in die wiele ry.

Solidariteit glo dat jy nooit moet ophou leer nie. Daarom is Solidariteit se aanbod vir voortgesette leer ontwikkel om werknemers in hulle beroepe te bemagtig en hulle tegnologiese vaardighede op te skerp. Van kursusse oor Excel en ander sagtewareprogramme tot meer gevorderde kursusse – jy kan leer om jouself teen tegnologiese veranderinge te verskans.

Vra jouself af: Is jy gereed om jou werk te verrig in ʼn wêreld waar masjiene en sagteware toenemend die ritme van produktiwiteit bepaal?

2. Ontwikkel sagte vaardighede

Sagte vaardighede soos kommunikasie, aanpasbaarheid en probleemoplossing is net so belangrik soos tegniese vaardighede. Hierdie vaardighede is dikwels die onderskeidende faktor tussen werknemers wat uitblink en dié wat agterbly.

ʼn Groot fout wat baie mense maak, is om te dink sagte vaardighede vanself kom. Inteendeel, dit verg tyd en moeite om jou kommunikasie- en spanwerkvaardighede te verbeter. Daar is uitstekende kursusse hieroor beskikbaar op Solidariteit, soos die “Kommunikasie in die werkplek”-kursus, “Emosionele intelligensie” en selfs ʼn kursus in konflikhantering wat jou kan help om hierdie vaardighede te ontwikkel en te verfyn.

3. Verbeter jou netwerkvaardighede

Dit is dikwels nie wát jy kan doen nie, maar wié jy ken wat vir jou deure gaan oopmaak. In ʼn arbeidsmark waar die helfte van poste gevul word danksy netwerkkontakte en verwysings, is dit van kardinale belang om jou netwerkvaardighede op te skerp. Netwerke gaan ook nie net oor wie jy ken nie, maar oor hoe goed jy hierdie verhoudings bou en onderhou.

Begin deur jou netwerk binne jou werkplek op te bou, maar moenie bang wees om geleenthede buite jou onmiddellike kring te benut nie. Jy kan begin deur by jou beroepsnetwerk aan te sluit.

4. Wees ʼn leier – selfs al het jy nie die titel nie

Leierskap gaan nie altyd oor jou posisie in die maatskappy nie, maar oor hoe jy in jou rol presteer. Om die vermoë te hê om ander te lei, selfvertroue uit te straal, en oplossings te bied in moeilike tye is van die mees gesogte eienskappe in die hedendaagse werkplek.

Jy moet sorg dat jy op hoogte bly van nuwe tendense en ontwikkelings, en dít verg proaktiewe stappe van jou. Dit is nie iets wat oornag gebeur nie, maar is eerder ʼn deurlopende proses van selfontwikkeling, netwerkvorming en aanpassing by nuwe tegnologieë. Begin vandag deur in jou vaardighede te belê en jouself voor te berei op die uitdagings van môre.

Skep jou gratis profiel op Solidariteit en sluit aan by jou grootste Afrikaanse netwerk van werk. Hier kry jy die ondersteuning en motivering om deurlopend te groei en te ontwikkel en om die toekoms op innoverende wyses aan te gryp.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel