
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
#BoelieBewus-webinaar: Wees jou kind se veilige ruimte in ʼn digitale wêreld
Deur Kyla-Ann du Toit
In ʼn wêreld waar selfone, speletjies en geselsgroepe deel van kinders se daaglikse lewe is, kom boeliegedrag nie net meer op die speelgronde voor nie. Daarom nooi Solidariteit jou om op 7 Augustus 2025 om 19:00 by die #BoelieBewus-webinaar in te skakel – ʼn praktiese en insiggewende aanlyn sessie wat jou as ouer met die nodige kennis én gereedskap kan toerus om jou kind se aanlyn welstand te beskerm.
Wat gaan jy leer?
In hierdie halfuursessie gesels dr. Serahni Symington, ʼn geregistreerde berader en dosent in Sielkunde, oor:
- • hoe aanlyn boelie lyk en hoe dit van tradisionele boeliegedrag verskil;
- • hoe om jou kind emosioneel én strategies by te staan; en
- • hoe om oop gesinsgesprekke oor digitale gedrag en aanlyn veiligheid te voer.
Hierdie is nie net ʼn inligtingsessie nie, maar ook ʼn kans om weer beheer oor jou kind se aanlyn veiligheid te neem en selfvertroue in ʼn wêreld waar digitale druk elke dag toeneem, te herbou.
Wie is die spreker?
Dr. Symington bied nie net akademiese kundigheid nie, maar ook praktiese insig. Met haar PhD-graad in Sielkunde, ervaring as dosent en eienaar van ʼn privaat praktyk in Durbanville waar sy self as geregistreerde berader praktiseer, werk sy daagliks met kinders, ouers en gesinne. Sy verstaan die emosionele omstandighede van jong mense, asook hoe ouers hul kinders sterker en meer veerkragtig kan maak.
Wat maak hierdie webinaar uniek?
- • Dit is gratis.
- • Dit is aanlyn (skakel maklik vanaf enige plek in).
- • Die sessie duur slegs ʼn halfuur.
- • Dit is spesifiek vir Afrikaanssprekende ouers van hoërskoolleerders.
Jy kan nie altyd sien wat op jou kind se skerms aangaan nie, maar jy kán hulle toerus om aanlyn weerbaar te wees, en hierdie webinaar gaan jou leer hoe om dit te doen!
Datum: 7 Augustus 2025
Tyd: 19:00 – 19:30
Waar: Aanlyn op Solidariteit se platform
Spreker: Dr. Serahni Symington
Moenie hierdie insiggewende sessie misloop nie! Bespreek vandag nog jou sitplek en word #BoelieBewus.
Klik hier om te registreer.