
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Jongwerkende: Slaan jou belasting vir ʼn ses!
Deur Leré Nel
Dit is tyd om jou geldsake soos ʼn “pro” te speel.
Jy is nou in die werkplek en verdien jou eie geld. Dit is alles goed en wel, maar jy besef nou eers dat jou tyd op skool, en selfs dalk universiteit, jou nie vir alles voorberei het nie. Een van daardie dinge is tien teen een … belasting!
Moet egter nie bekommerd wees nie, want Solidariteit het ʼn oplossing! As jy in jou eerste of tweede jaar van werk is en vir die eerste keer jou eie belasting moet aanpak, is hierdie net vir jou: ʼn gratis, praktiese en maklik verstaanbare #BelastingWebinaar wat jou wys hoe om jou belasting self te doen – én dit reg te doen.
Datum: 5 Augustus 2025
Tyd: 18:00
Plek: Gratis aanlyn
Spreker: Nikki Kennedy (ʼn belastingkenner, lid van CIMA, SAIPA en SAIT, asook programkoördineerder van die Nagraadse Diploma in Belasting by Akademia)
Waarom jy moet inskakel
Jy werk hard vir jou geld – so maak seker jy kry terug wat aan jóú behoort! Of jy nog nooit van eFiling gehoor het nie, of geen idee het wat ʼn outo-assessering behels nie, hoef jy nie vooraf enigiets te weet nie. Alles sal stap vir stap vir jou gewys word.
Nikki gaan jou wys:
• hoe om jou eFiling-profiel op te stel en jou belastingopgawe in te dien;
• hoe om te weet of SARS se outo-assessering korrek is;
• wat jy alles as jongwerkende van belasting kan aftrek; en
• hoe om jou reisuitgawes reg te bestuur.
Registreer vandag nog!
Klik hier om jou plek vir die webinaar te bespreek: [Skakel na veldtogblad]
En moenie vergeet om hier jou gratis Solidariteit-profiel te registreer nie, want dan stuur ons ook die handige Belastinggids vir jou per e-pos.
Belasting klink dalk intimiderend …
Maar Solidariteit se webinaar gaan dit vir jou maklik maak. Finansiële selfstandigheid begin by basiese kennis – en dít is presies wat jy op 5 Augustus gaan ontvang.
Jy hoef nie ʼn rekenmeester te wees nie. En jy hoef nie bang te wees vir “grootmense-dinge” soos belasting nie. Jy moet nét aansluit en saam leer.
Hoe om die meeste waarde uit die sessie te kry
- • Maak seker jy het jou ID- en belastingnommer byderhand.
- • Indien jy reeds ʼn outo-assessering van SARS ontvang het, hou dit ook byderhand sodat ons jou kan wys hoe om dit te interpreteer en te verstaan.
- • Bring enige vrae wat jy het – dié sessie is daar om jou te help.
Klik hier om vir die webinaar in te skryf.
Klik hier om jou gratis profiel te skep en die Belastinggids te ontvang.
Moenie bang wees vir belasting nie – wees bang vir onkunde. Laat Solidariteit jou help om belasting vir ʼn ses te slaan! Ons sien jou daar.