loading
Artikels
5 dae gelede
bou-vir-die-toekoms-van-afrikaans

Foto Krediet: Verskaf

Bou – vir die toekoms van Afrikaans!

By Solidariteit bou ons nie net instellings, strukture en gemeenskappe nie; ons bou vir ons kinders, vir ons taal en vir die behoud van ons kultuur. Bou is nie net iets wat ons dóén nie, dit is wié ons is – daarom bou ons instellings soos Akademia om die fakkeldraer van Afrikaans op tersiêre vlak te wees.

Hoekom bou ons?

Ons bou omdat ons weet dat net ons ons gemeenskappe kan beskerm. Die staat gaan nie Afrikaans bevorder, ons kinders se toekoms verseker, of ons kulturele waardes bewaar nie. Daarom glo ons in #OnsSalSelf en bou ons instellings soos Akademia en Sol-Tech, en is ons aan die spits van skoleondersteuningsinisiatiewe. Hierdie instellings gee nie net vir ons mense die geleentheid om in Afrikaans te leer en te werk nie; dit is ook die boustene van vryheid, selfstandigheid, en hoop.

Akademia-kampus | Argitekvoorstelling

Ons as Afrikaners bou omdat ons weier om vir oplossings vanaf ʼn staat te wag wat ons gemeenskappe dikwels in die steek laat. Ons bou omdat ons glo in selfdoen, en omdat ons weet dat ʼn sterk gemeenskap sterk instellings benodig.

Wat kan ons doen?

Ons het jóú hulp nodig. Word deel van die bouproses deur Solidariteit te ondersteun, of dit nou is deur deel te wees van ons gemeenskap, te bou aan ons skole en universiteite, of om ʼn ondersteuner van die Solidariteit Boufonds te wees.

Ons bou omdat ons weier om passief toe te kyk hoe ons kosbare taal bedreig word.

#OnsBou vir ʼn toekoms waar ons kinders vry, veilig en voorspoedig in Afrikaans kan leer, werk en leef!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel