loading
Artikels
1 jaar gelede
die-belangrikheid-van-netwerke-in-jou-beroep

Foto Krediet: Okay Deer

Die belangrikheid van netwerke in jou beroep

Deur Heléne Leonard

In ʼn wêreld wat voortdurend aan die verander is, is daar een waarheid wat altyd bly staan: dit gaan nie net oor wat jy weet nie, maar ook oor wie jy ken. Hierdie waarheid is veral geldig in die professionele wêreld waarin ons onsself bevind. Die Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk erken die krag van netwerke en wil ʼn beroep op almal doen om hierdie belangrike aspek van hul loopbane te omhels.

Die krag van verhoudings

Die uitdrukking “Jou netwerk bepaal jou ‘networth’”  is ʼn realiteit in die professionele wêreld. Jou sukses in jou beroep word tot ʼn groot mate toe bepaal deur die verhoudings wat jy met ander mense opbou en onderhou. Hier is ʼn paar redes waarom hierdie verhoudings so belangrik is:

  1. Toegang tot geleenthede

Jou netwerk is ʼn bron van geleenthede. Dit is dikwels deur jou kontakpersone dat jy inligting kry oor nuwe poste, projekte of geleenthede wat andersins by jou sou verbygegaan het. Die regte verbindinge kan jou loopbaan ʼn hupstoot gee.

  • Inligting en raad

Mense in jou netwerk kan jou vir insig en raad aanbied oor jou beroep. Hulle kan jou help om ingeligte besluite te neem, jou vaardighede opskerp en jou help om jou doelwitte te bereik.

  • Ondersteuning in tye van nood

Jy sal in jou loopbaan tye ervaar waar daar vele uitdagings en probleme na vore tree. Jou netwerk is daar om jou te ondersteun en jou deur hierdie tye te help. Hulle kan jou motiveer en jou help om oplossings te vind.

  • Groei en ontwikkeling

Deur jouself te omring met mense wat jou aanmoedig om te groei en te ontwikkel, kan jy ʼn omgewing skep waarin sukses floreer. Jou netwerk kan jou inspireer om nuwe dinge te leer en te streef na ʼn beter weergawe van jouself.

  • Bou ʼn sterk netwerk

Om die volledige voordeel uit jou netwerk te trek, is dit belangrik om ʼn sterk en volhoubare netwerk te bou.

Jou netwerk is nie net ʼn bron van geleenthede nie, dit is ʼn weerspieëling van wat jy in jou beroep werd is. So koester jou netwerk, brei dit uit en onderhou dit. Jou sukses in jou loopbaan hang dalk meer af van wie jy ken as van dit wat jy weet.

Solidariteit se kommunikasie- en bemarkingsnetwerk moedig jou aan om hierdie beginsel te omarm en jou professionele netwerk te versterk. Onthou, jou netwerk is jou ‘networth’.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel