loading
Artikels
2 dae gelede
die-onsigbare-bouers-van-akademia-virseker

Foto Krediet: OkayDeer

Die onsigbare bouers van Akademia – Virseker!

Wanneer ʼn mens geboue uit die grond sien verrys en bouers wat druk besig is op ʼn perseel, is dit maklik om van die “onsigbare” bouers te vergeet – dié wat eerste geglo het in die droom, en die finansiële risiko geneem het om dit ʼn werklikheid te maak! Vir Akademia se ontstaan is een van hierdie bouers Virseker.


Deur Leré Nel

Om ʼn toekoms vir Afrikaners te bou verg meer as net ʼn liefde vir Afrikaans – dit vereis betrokkenheid en toewyding. Die Virseker Trust staan by hierdie beginsel deur voortgesette praktiese ondersteuning en finansiële belegging in Afrikaanse hoër onderwys en gemeenskapsinisiatiewe. ʼn Sprekende voorbeeld hiervan is die rol wat die Virseker Trust speel in die opbou en ontwikkeling van Akademia as ʼn wêreldklas Afrikaanse hoëronderwysinstelling.

Meer as mooipraatjies – die impak van die Virseker Trust

Die Virseker Trust maak nie net beloftes nie – dit is ʼn daadwerklike rolspeler wat al meer as R150 miljoen in Afrikaanse onderwys en gemeenskapsprojekte belê het. Akademia se Kampus Trust is een van die grootste begunstigdes van hierdie beleggings. Hierdie ondersteuning maak dit moontlik vir Akademia om nuwe kwalifikasies te ontwikkel, programme uit te rol en bekwame personeel aan te stel wat studente toerus met gehalteonderwys in hul moedertaal.

Kapitaal wat bydra tot ʼn ryker gemeenskap

Met die bou van Akademia se omvattende residensiële kampus word ʼn droom verwesenlik – ʼn veilige ruimte waar Afrikaanse studente in hul moedertaal kan woon en studeer. Dit is egter nie net die geboue wat saak maak nie; dit is die lewens wat daardeur geraak word. Die Virseker Trust ondersteun reeds sedert sy stigting in 2011 Afrikaanssprekende studente deur studielenings. Een van die dankbare ontvangers van hierdie ondersteuning is Marianne Pouwels (23) wat danksy die Trust haar BA (Kommunikasie en Joernalistiek)-graad by Akademia kon voltooi, en direk daarna haar droomwerk as Kommunikasiebeampte by die FAK en Voortrekkermonument losgeslaan het.

#JyHoortHier – Bou saam aan die toekoms

“Indien die kwotasie jou sak pas en jy ʼn polis uitneem, help jy dadelik om aan ʼn toekoms vir Afrikaans te bou deur die Virseker Trust se inisiatiewe. Elke Virseker-polishouer help ons bou aan die toekoms,” sê dr. Hermann. Sluit aan by die groter beweging van Toekomsbouers deur jou versekering in Afrikaans uit te neem en só deel te wees van ʼn gemeenskap wat nie net hoop nie, maar aktief bou aan die toekoms van Afrikaanssprekendes.

Bou saam – Bou aan Akademia – Bou aan ʼn Afrikaanse toekoms!

Lees meer hier oor die Virseker Trust en hoe jy betrokke kan raak!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel