loading
Artikels
3 maande gelede
die-sa-regering-se-deure-bly-steeds-toe-tydens-vsa-besoek-solidariteit

Foto Krediet: Solidariteit

Die SA regering se deure bly steeds toe tydens VSA besoek – Solidariteit

Solidariteit se kritici wil nou skielik weet waarom Solidariteit nie eerder probeer om Suid Afrika se plaaslike probleme in Suid-Afrika op te los nie –  asof Solidariteit dit nie al vir dekades lank probeer doen nie. Lees meer oor Solidariteit se eindelose pogings tot dialoog met die regering hieronder.


Deur Heléne Mocke

Solidariteit se besoek aan Amerika het verskeie vrae laat ontstaan, veral onder diegene wat al vir langer  as 20 jaar onder SA se regering woon.

Sommige van Solidariteit se kritici wil nou skielik weet waarom Solidariteit nie eerder probeer om Suid Afrika se plaaslike probleme in Suid-Afrika op te los nie –  asof Solidariteit dit nie al vir dekades lank probeer doen nie. Diegene wat nog nie bewus is van al die kere wat Solidariteit probeer het om met die SA regering te praat nie, is duidelik oningelig.

In ʼn onderhoud met eNCA het Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit, dit duidelik gestel dat die organisasie al langer as 20 jaar talle pogings aangewend het om met die Suid-Afrikaanse regering te praat.

Die harde realiteit bly egter dat Solidariteit se eindelose pogings tot dialoog met die regering telkens begroet word deur ʼn regering wat vaag, ontwykend en onwillig bly om betekenisvolle gesprekke te voer oor beleid wat elke Suid-Afrikaner raak. Hierdie volgehoue gebrek aan kommunikasie het Solidariteit met geen ander opsie gelaat as om internasionale steun te soek nie.

Kleynhans het benadruk dat Solidariteit verlede jaar in November die Europese Parlement in Straatsburg besoek het, waar gesprekke met 14 politieke partye van sewe Europese lande gevoer is. Solidariteit het ook verlede jaar met ses politieke partye in die Nederlandse parlement vergader, wat tot die aanvaarding van ʼn suksesvolle mosie in dié parlement gelei het.

Solidariteit maak nou veral gebruik van die buiteland as platform, nie net om die stem van gewone Suid-Afrikaners te versterk nie, maar ook om internasionale bewustheid te skep oor hoe swak beleid en omstrede wetgewing álle Suid-Afrikaners raak. Die nuutste buitelandse uitreikbesoek in hierdie strategie is die huidige besoek aan die VSA.

Solidariteit staan vas by sy standpunt – oplossings word gevind deur dinge self te doen. Dit doen ons in die binneland deur onderwysinstellings op te rig, maatskaplike programme te bedryf, veiligheidstrukture te bedryf en vir mense se werk te veg en rassistiese wetgewing tot in die hoogste hof aan te vat. Maar ons doen dit ook in die buiteland en dit is hoekom Solidariteit sélf die buiteland nader sonder om net op die regering staat te maak om beleid reg te stel.

Dít is hoekom Solidariteit sélf die buiteland nader, sonder om net op ʼn regering te steun.

Natuurlik glo ons ook die oplossing lê in volgehoue gesprekvoering. Die organisasie sal voortgaan om ander maniere te vind om oplossings te vind totdat die Suid-Afrikaanse regering besluit om die deur vir betekenisvolle dialoog oop te maak.

Vir meer inligting oor Solidariteit se internasionale skakeling en pogings om Suid-Afrikaners se belange te beskerm, klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel