loading
Artikels
2 jaar gelede
die-solidariteit-finansiesnetwerk-jou-vennoot-in-die-werkplek

Foto Krediet: Verskaf

Die Solidariteit Finansiesnetwerk: Jou vennoot in die werkplek

Deur Heléne Leonard

Finansies is die spoel waarom enige onderneming en die ekonomie van ʼn land draai, en wanneer beroepe in die finansiële sektor uitgedaag word, loop die betrokke onderneming of land die risiko om in duie te stort. Om hierdie rede het Solidariteit ʼn beroepsnetwerk vir mense in finansiële beroepe gestig. Buiten vir beroepspesifieke netwerkgeleenthede, is een van hierdie beroepsnetwerk se grootste verantwoordelikhede om jongmense te help om dié beroep suksesvol te betree.

Die werkplek is vir enige nuwe jongwerkende ʼn doolhof en dit kan ingewikkeld wees om dit van die begin af suksesvol te navigeer. Solidariteit se Finansiesnetwerk bied onder meer die skakel tussen jongmense en die beroep, sodat elke student die geleentheid kry om tot meesters in hul beroep te ontwikkel. Dit word moontlik gemaak deur mentorskappe, ʼn slypskool, internskappe en skaduwerkgeleenthede, netwerkgeleenthede, ander opleiding en beroepspesifieke inligting. Hierdie netwerk is bevoorreg om meesters uit verskeie beroepe vanuit die finansiële bedryf op sy adviesraad te hê. Die adviesraad bring jare se ervaring en kennis ter ondersteuning tot die netwerk.

Die slypskool vir jongmense in die finansiële bedryf is daarop gemik om te verseker dat jongmense wat vir die eerste keer die werkplek betree, al die nodige beroepspesifieke vaardighede het om sodoende ʼn positiewe bydra tot die werkplek te lewer.

Die Finansiesnetwerk bied ook die volgende dienste aan netwerklede:

Opleiding

Die Finansiesnetwerk besef dat inligting en vaardighede in die bedryf konstant ontwikkel en verbeter. Die beroepslui se vaardighede is vir die beroepsnetwerk belangrik. Daarom is Solidariteit Leer gestig. Dit is ʼn gratis platform wat saam met die beroepsnetwerke vir lede, wat graag hul kennis wil verbreed en voortgesette leer wil aanpak om sodoende op die voorpunt van hulle beroep te wees, die geleentheid bied om verskeie kursusse by te woon. Klik hier om meer oor die belangrikheid van voortgesette leer te lees.

Mentorskap

Solidariteit glo dat jongmense moet kan werk én goed moet kan werk. Daarom spits dié beroepsnetwerk homself daarop toe om te verseker dat jong werkendes die nodige opleiding en advies kry. Jong werkendes in die werkplek word met kennis van mentors in dieselfde beroep beïnvloed wat indiwidue en die bedryf as ʼn geheel verbeter.

Netwerkgeleenthede

Die beroepsnetwerk stel lede bloot aan mense en kenners wat in dieselfde beroep is. Daarom word daar ook talle netwerkgeleenthede aangebied waar lede van die onderskeie beroepsnetwerke die geleentheid kry om kennis en raad te deel. Solidariteit bou en skep geleenthede waarby die finansiële beroepslui betrokke kan raak. Hoe groter en beter die netwerk kan saamwerk, hoe beter vir beroepslui en kliënte.

Plasings

Die Finansiesnetwerk fasiliteer gratis werkgeleenthede tussen werksoekers en werkgewers in die finansiële bedryf deur werkfasilitering. Besoek Solidariteit om meer daaroor te lees.

Internskappe, klerkskappe en skaduwerk

Solidariteit is aktief betrokke om internskappe, klerkskappe en skaduwerkgeleenthede tot voordeel van ons lede te fasiliteer.

Waghond

Solidariteit se Finansiesnetwerk sal as waghond oor die beroep optree waar nodig.

Klik gerus hier om by Solidariteit se Finansiesnetwerk aan te sluit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel