loading
Artikels
1 jaar gelede
die-wolkskool-in-n-neutedop

Foto Krediet: Verskaf

Die Wolkskool in ʼn neutedop

In die tye waarin ons leef en met die eise wat deur die werkplek en die lewe self gestel word, bied Die Wolkskool ʼn alternatief vir onderrigondersteuning gebaseer op die nuutste tegnologie – ʼn verfrissende nuwe keuse aan die leerders van die digitale era.

Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn organisasie sonder winsoogmerk met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Die Wolkskool maak van die nuutste tegnologie gebruik en is die ideale aanvulling om sukses in die skool te verseker.

By Die Wolkskool kan jy hoëgehalte-onderrig in Afrikaans kry! Inhoud op Die Wolkskool is deur ervare opvoedkundiges opgestel en kan alles op een plek gevind word. Danksy toegang tot videolesse, vraestelle, werkkaarte (met memorandums) en aanlyn assesserings sal jy bo jou mede-leerders uitstaan. Jy kan lesse hersien en sommer vinnig jou Wiskunde-probleme oplos met Die Wolkskool se aanlyn hulp wat 24 uur per dag beskikbaar is.

Die Wolkskool bevat leermateriaal vir leerders van graad 1 tot graad 12. Hierdie inhoud  is volgens temas en onderwerpe gestruktureer om leer optimaal te ondersteun. Sowel leerders as onderwysers kan by hierdie ongelooflike aanlyn leerplatform baat.

Onderwysers wat deel is van die Solidariteit Onderwysernetwerk kan die volgende voordele benut om hulself te bemagtig.

  • As lid van die Solidariteit Onderwysernetwerk kwalifiseer jy vir gratis lidmaatskap van al 15 van die SOS se vakverenigings.
  • As onderwyser het jy toegang tot ál Die Wolkskool se video’s, werkkaarte, assesserings en elektroniese handboeke. Voorts kry onderwysers toegang tot die SOS se vraagbank waar hulle toetse en vraestelle kan genereer wat reeds gemodereerde vrae bevat. Die vraagbank is van wêreldklas-gehalte binne die KABV-kurrikulum gebou en is uiteengesit om self die vraestelle en assesserings te merk.
  • Jy ontvang 20%-afslag vir bywoning van die SOS se nasionale kongres.
  • Jy kan alle SOS-seminare (tans R250 per persoon) gratis bywoon.
  • Jy ontvang voortgesette opleiding deur Solidariteit.

Klik hier om meer te lees oor die Solidariteit Onderwysernetwerk.

Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Ons sê skaamteloos #ElkeenHelpEen. Voorheen was daar ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges en groot ondernemings om jong mense ʼn hupstoot in die lewe te gee. Nou is dit die geméénskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?

Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos na onderrig@solidariteit.co.za of klik hier om vandag nog by die Solidariteit Onderwysernetwerk aan te sluit. Indien jy reeds ʼn Solidariteit-lid is en graag van jou Wolkskool-voordeel wil gebruik maak, klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel