Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Beroepsgefokusde opleiding: Die oorgang tussen teorie en die werkplek
Deur Nico Strydom
Duisende jong Suid-Afrikaners wat wel die geleentheid gehad het om te studeer, ervaar steeds uitdagings wanneer hulle die werkplek betree. Dit is grootliks as gevolg van die groeiende gaping tussen teoretiese kennis en die praktiese vaardighede wat die werkplek vereis.
Werkgewers kla toenemend dat jong mense nie noodwendig werkgereed is nie – selfs al beskik hul oor kwalifikasies. Die rede is eenvoudig: baie opleidingsprogramme fokus steeds hoofsaaklik op teorie, terwyl die moderne ekonomie mense benodig wat kan doen, kan toepas en probleme kan oplos.
Dit is juis waar beroepsgefokusde opleiding ʼn kritieke rol speel. Hierdie vorm van opleiding is prakties, doelgerig en direk gekoppel aan die werklikhede van die werkplek.
Dit gaan nie net oor wat jy weet nie, maar oor wat jy kan doen.
Solidariteit help jou om jou volle potensiaal te bereik deur lewenslange leer. Die organisasie se voortgesette leer-aanbod fokus op praktiese vaardighede, die toepassing van kennis in werklike situasies en deeglike werkplekvoorbereiding. Die leermodules is relevant tot jou spesifieke werkomgewing.
Hierdie voortgesette leer-aanbod is spesifiek daarop gemik om die gaping tussen teorie en praktyk te oorbrug. Dit bied ʼn realistiese en haalbare oplossing vir jong werkendes, sowel as vir diegene wat hul vaardighede wil opskerp en mededingend wil bly in ʼn dinamiese arbeidsmark.
Die fokus val op die ontwikkeling van vaardighede wat onmiddellik in die werkplek toegepas kan word, hetsy administratief, tegnies of beroepsgerig. Hierdie aanbod bied toeganklike opleiding, relevante en toepasbare inhoud, en werklike geleenthede vir selfbemagtiging.
Daar bestaan steeds die persepsie dat alternatiewe opleiding ʼn sogenaamde “plan B” is. In ʼn vinnig veranderende wêreld van werk is dit egter dikwels die meer praktiese en doeltreffende keuse.
Korter, gefokusde opleiding help mense om vinniger die werkplek te betree, relevante vaardighede te ontwikkel en beter by ʼn veranderende ekonomie aan te pas.
Vir jong mense wat onseker is oor hul volgende stap, sowel as vir werkendes wat hulself wil verbeter, is die boodskap duidelik: Die toekoms behoort nie net aan dié met grade nie, maar aan dié met vaardighede.
Danksy ʼn verskeidenheid van bykans 150 beroepspesifieke kursusse op Solidariteit-aanlyn was dit nog nooit só maklik om jou volle potensiaal te bereik nie. Dit is dikwels moeilik om kursusse by te woon wat jou vaardighede kan ontwikkel, maar met Solidariteit kan jy dit gerieflik aanlyn, vanuit jou eie huis, voltooi.
Solidariteit-lede kry gratis toegang tot hierdie kursusse as deel van hul lidmaatskapvoordele.
Skep vandag nog jou gratis profiel en begin om hierdie voordeel te benut. Klik hier om meer oor die voordele van Solidariteit-lidmaatskap uit te vind.