loading
Artikels
11 maande gelede
die-wolkskool-in-n-neutedop-2

Foto Krediet: OkayDeer

Die Wolkskool in ʼn neutedop

In die tye waarin ons leef en met die eise wat deur die werkplek en die lewe self gestel word, bied Die Wolkskool ʼn alternatief vir onderrigondersteuning gebaseer op die nuutste tegnologie – ʼn verfrissende nuwe keuse aan die leerders van die digitale era.


Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ʼn organisasie sonder winsoogmerk met ʼn span onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte- Afrikaanse onderrig te help verseker. Die Wolkskool maak van die nuutste tegnologie gebruik en is die ideale aanvulling om sukses in die skool te verseker.

By Die Wolkskool kan jy hoëgehalte-onderrig in Afrikaans kry! Inhoud op Die Wolkskool is deur ervare opvoedkundiges opgestel en kan alles op een plek gevind word. Danksy toegang tot videolesse, vraestelle, werkkaarte (met memorandums) en aanlyn assesserings sal jy bo jou mede-leerders uitstaan. Jy kan lesse hersien en sommer vinnig jou Wiskunde-probleme oplos met Die Wolkskool se aanlyn hulp wat 24 uur per dag beskikbaar is.

Die Wolkskool bevat leermateriaal vir leerders van graad 1 tot graad 12. Hierdie inhoud is volgens temas en onderwerpe gestruktureer om leer optimaal te ondersteun. Sowel leerders as onderwysers kan by hierdie ongelooflike aanlyn leerplatform baat.

Die Wolkskool bied ʼn innoverende en geïntegreerde benadering, wat ʼn sleutelrol kan speel in jou kind se loopbaanreis. Met ʼn wye reeks vakke en ʼn buigsame leeromgewing, stel Die Wolkskool jou kind in staat om op hul eie tempo te leer en hul unieke belangstellings te volg. Dit berei hulle voor vir die uitdagings van die moderne arbeidsmark deur kritiese denke, selfdissipline, en tegnologiese vaardighede te bevorder. Deur toegang tot hoë kwaliteit onderrigmateriaal en ondersteuningsdienste, kan leerders hul akademiese potensiaal ten volle benut en selfvertroue opbou, wat hulle help om suksesvol in hul gekose loopbaanrigting te wees. Besoek gerus Die Wolkskool se webtuiste vir meer inligting oor hoe hierdie unieke opvoedkundige platform jou kind se toekoms kan vorm.

Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Ons sê skaamteloos #ElkeenHelpEen. Voorheen was daar ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges asook groot ondernemings om jong mense ʼn hupstoot in die lewe te gee. Nou is dit die geméénskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?

Skakel vandag nog in by Solidariteit en ontsluit ʼn wêreld van geleenthede wat jou kind in hul loopbaanreis kan benut! Skep jou gratis profiel en laat die avontuur begin!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel