loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
maak-seker-jou-kind-kies-die-regte-vakke-vir-hul-toekoms

Foto Krediet: Okay Deer

Maak seker jou kind kies die regte vakke vir hul toekoms

Deur Kyla-Ann du Toit

Vir baie graad 9-leerders en hulle ouers voel vakkeuses soos ʼn groot en soms oorweldigende besluit. Dit is immers nie net nóg ʼn besluit nie, maar ʼn bousteen vir jou kind se toekomstige loopbaan.

Daar is egter goeie nuus: jou kind hoef nie hierdie besluit alleen te neem of op raaiwerk staat te maak nie. Solidariteit se Skoliere-aanbod bied die nodige leiding en hulpmiddels sodat vakkeuses ʼn doelgerigte en selfs opwindende proses kan wees.

Waarom is vakkeuses so belangrik?

Graad 9 is die eerste keer wat leerders werklik begin om belangrike keuses te maak. Die vakke wat hulle kies, beïnvloed:

  • • watter studierigtings ná skool moontlik is;
  • • hul toekomstige loopbaanpad; en
  • • hoe gemotiveerd hulle in hul skoolwerk bly.

Jou kind se vakkeuses bepaal dus hul loopbaanmoontlikhede. Wanneer ʼn kind egter verstaan waarvoor hulle werk, raak leer skielik meer sinvol.

Van onsekerheid na duidelikheid

Baie ouers wonder: “Hoe weet ek my kind kies die regte vakke?”

Die antwoord lê nie net by hul punte nie, maar in selfkennis. Dít is presies waar Solidariteit se Skoliere-aanbod jou kan help met praktiese hulpmiddels wat ouers en kinders saam kan gebruik.

1. Begin by jou kind se belangstellings

Die belangstellingsbepaler is ʼn eenvoudige en kragtige eerste stap. Hierdie aanlyn vraelys is deur kundiges ontwikkel en help jou kind om:

  • • hul natuurlike belangstellings te identifiseer;
  • • hul sterkpunte beter te verstaan; en
  • • moontlike loopbaanrigtings te verken.

Dit skuif die gesprek weg van “Wat moet ek kies?” na “Wat pas by my?”

2. Verstaan elke vak – sonder aannames

Die #Vakkeuse-videoreeks gee vir jou en jou kind duidelike, praktiese insig van wat elke vak werklik behels. Dit help leerders om:

  • • te sien wat die inhoud en vereistes van vakke is;
  • • te verstaan watter vaardighede nodig is; en
  • • realistiese, ingeligte besluite te neem.

Daar is dan geen verrassings of verkeerde verwagtinge nie! Danksy hierdie video’s kan julle die inhoud van vakke beter verstaan en só die regte keuses maak.

3. Kry leiding van kundiges

Soms het jy net daardie ekstra sekerheid nodig. Solidariteit se Skoliere-aanbod bied ook toegang tot loopbaanvoorligting wat die proses van vakkeuses verder ondersteun.

Indien jou kind ná die belangstellingsbepaler steeds onseker oor hul beroepsreis is, het Solidariteit ʼn netwerk van loopbaanvoorligters, opvoedkundige sielkundiges en psigometriste beskikbaar wat met psigometriese toetse kan help.

ʼn Eenvoudige kontrolelys vir ouers

As jy onseker voel, vra jouself die volgende:

  • • Het my kind die belangstellingsbepaler voltooi?
  • • Het ons saam deur die #Vakkeuse-video’s gewerk?
  • • Het ons na moontlike loopbaanrigtings gekyk?

As die antwoord “ja” is, beweeg julle reeds in die regte rigting. Hierdie kombinasie van belangstellingsbepaling, praktiese vakinsig en professionele leiding vorm ʼn duidelike pad vorentoe vir jou kind.

Indien jou antwoord “nee” is, bied Solidariteit se Skoliere-aanbod vir jou as ouer die nodige gereedskap om jou kind te help om hul sterkpunte te ontwikkel, die regte keuses te maak en met sekerheid na die toekoms te kyk.

Moenie wag totdat die druk te veel raak nie. Klik hier om vandag nog jou kind se gratis profiel op Solidariteit-aanlyn te registreer en begin vandag nog om saam aan ʼn plan te bou wat jou kind se potensiaal ontsluit – heeltemal gratis!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel