Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Solidariteit se Skolierewelstand-verslag werp lig op wat werklik in tieners se wêreld aangaan
Deur Kyla-Ann du Toit
Vir baie ouers en onderwysers voel dit soms asof jong mense meer as ooit tevore sukkel met stres, akademiese druk en emosionele uitdagings. Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se nuwe Skolierewelstand-verslag bevestig dat hierdie bekommernisse ʼn werklikheid is wat duisende tieners daagliks ervaar.
Wat gaan regtig in tieners se wêreld aan?
Die verslag ondersoek hoërskoolleerders se welstand vanuit ouers en onderwysers se perspektief en bied waardevolle insigte oor die uitdagings waarmee tieners vandag gekonfronteer word.
Hier is ʼn lys met van die opvallendste bevindinge wat in dié verslag uitgelig word:
- • 81% van ouers sê akademiese druk is hul kinders se grootste uitdaging.
- • 74% van ouers sien ernstige emosionele uitdagings onder leerders raak.
- • 77% van onderwysers identifiseer sosiale media as ʼn groot negatiewe invloed.
- • 59% van ouers voel dat hulle nie voldoende toegerus is om hul kinders emosioneel en akademies te ondersteun nie.
Tieners leef vandag onder geweldige druk en die syfers bewys dit. Die verslag wys egter ook dat die druk nie net deur tieners ervaar word nie, maar dat baie volwassenes onseker voel oor hoe om hul tienerkind die beste te ondersteun.
Tog is die boodskap van die verslag nie een van hopeloosheid nie.
Die navorsing wys dat ouers en onderwysers die uitdagings raaksien en bereid is om ʼn verskil te maak. Wat nodig is, is praktiese ondersteuning, toeganklike hulpmiddels en groter bewustheid van die faktore wat tieners se welstand beïnvloed.
ʼn Waardevolle hulpbron
Solidariteit se Skoliere-aanbod is juis ontwikkel om ouers, onderwysers en leerders met praktiese hulpmiddels, leiding en ondersteuning toe te rus. Die doel is om jong mense te help om nie net akademies suksesvol te wees nie, maar ook emosioneel weerbaar en voorbereid vir die toekoms.
Een van die hulpmiddels wat Solidariteit se Skoliere-aanbod vir jong mense bied, is die tienerjoernaal genaamd Tienertruuks vir oorlewing. Hierdie joernaal is propvol aktiwiteite, vrae en praktiese insigte wat tieners help om hulself beter te verstaan, hulself emosioneel te versterk en met meer selfvertroue deur hul skooljare te beweeg. Klik hier om die joernaal te besigtig.
Solidariteit se Skoliere-aanbod is ook gratis beskikbaar vir jou kind. Registreer vandag nog jou kind se profiel op Solidariteit-aanlyn en verken al die hulpbronne tot jou kind se beskikking.
Die verslag maak dit duidelik dat tieners groeiende akademiese druk, emosionele uitdagings en ʼn tekort aan ondersteuning ervaar. Die SNI beklemtoon dat dié verslag as ʼn wekroep vir die hele gemeenskap behoort te dien. Tieners se uitdagings kan nie geïgnoreer word nie; dit moet verstaan én aangespreek word.
Klik hier om die volledige verslag af te laai en verstaan jou tiener beter!