loading
avatar
Artikels
2 dae gelede
vakkeuse-webinaar-help-jou-kind-om-die-regte-toekomspad-te-kies

Foto Krediet: Solidariteit

#Vakkeuse-webinaar: Help jou kind om die regte toekomspad te kies

Deur Kyla-Ann du Toit

In watter beroep stel jou kind belang? Dit is ʼn vraag wat groot drome ontlok, maar ook onsekerheid kan bring – veral wanneer vakkeuses in graad 9 begin naderkom. Jou kind se #Vakkeuses is die boustene vir hul toekoms, en daarom is dit belangrik dat jy met die regte kennis en hulpbronne toegerus is om jou kind hiermee te help.

Jou kind bou aan hul toekoms; jy help om die legkaart te voltooi.

Daarom nooi Solidariteit jou om op 21 Mei 2026 om 19:00 by die #Vakkeuse-webinaar in te skakel. Dit is ʼn praktiese, insiggewende sessie wat jou as ouer sal help om jou kind met selfvertroue deur hierdie proses te begelei.

Wat gaan jy in hierdie webinaar leer?

Tydens hierdie webinaar gesels Elana Kriel, ʼn ervare opvoedkundige sielkundige, oor:

  • • watter kwalifikasies beskikbaar is ná skool;
  • • waar jou kind kan studeer;
  • • wat die toelatingsvereistes vir verskillende studierigtings is; en
  • • watter vakkeuses jou kind moet oorweeg om hul drome te verwesenlik.

Solidariteit se Skoliere-aanbod het hierdie sessie spesifiek ontwerp om ouers te help om hul kind se toekomsplan te ontwikkel – van moontlike studierigtings en die regte instellings tot die ideale vakke wat by hul aanleg pas en hul drome ondersteun.

Hoekom is hierdie webinaar belangrik?

Vakkeuses is nie net nóg ʼn besluit wat jou kind op skool moet neem nie; dit is die boustene vir hul toekoms. Met die regte leiding kan jou kind:

  • • meer selfvertroue in hul keuses hê;
  • • hul belangstellings beter verstaan; en
  • • ʼn realistiese plan vir hul toekoms begin vorm.

Hierdie webinaar sal jou dus help om na die groter prentjie te kyk, en gee vir jou die nodige gereedskap om saam met jou kind hierdie belangrike gesprekke te voer en uiteindelik die regte keuses te maak.

Wie is die spreker?

Elana Kriel is ʼn geregistreerde opvoedkundige sielkundige met uitgebreide ervaring in onderwys en loopbaanvoorligting. Sy is deel van Akademia se Studenteondersteuningsdienste-span, waar sy daagliks met studente en ouers werk in verband met vakkeuses en studierigtings.

Haar praktiese benadering en begrip van jong mense se uitdagings maak haar die ideale kenner vir hierdie gesprek.

Waarom moet jy nie dié sessie misloop nie?

  • • Dit is gratis.
  • • Jy kan maklik vanaf enige plek aanlyn in skakel.
  • • Die sessie duur slegs 30 minute.
  • • Dit is spesifiek op ouers van hoërskoolleerders gemik.

Datum: 21 Mei 2026

Tyd: 19:00

Plek: Solidariteit-aanlyn

Jy het slegs ʼn gratis Solidariteit-profiel nodig om die webinaarsessie by te woon. Klik hier om sommer vandag nog jou profiel te skep indien jy nog nie het nie.

ʼn Belegging in jou kind se toekoms

Jou kind se drome verdien meer as net hoop – dit verdien ʼn plan. Hierdie webinaar help jou om daardie plan saam met jou kind te begin bou, met duidelikheid, insig en rigting.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Registreer jou plek vir die webinaar hier en kom luister hoe ʼn toekomsplan jou kind se toekomsdrome kan bewaarheid!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel