loading
Artikels
1 dag gelede
ek-het-pas-matriek-voltooi-hoe-en-waar-sal-ek-werk-kry

Foto Krediet: OkayDeer

Ek het pas matriek voltooi – hoe en waar sal ek werk kry?

Deur Inge Strydom

Dis raadsaam om ná skool jouself verder te bekwaam deur ’n graad- of diplomakursus te volg. Indien jy vir die een of ander rede nie kan studeer nie, is dit wys om sou gou moontlik ’n werk te kry – enige werk! Hier is raad oor hoe om werk te soek:

  • • Stel ’n CV op. Jy sal nie sommer vir werk kan aansoek doen sonder om ’n CV byderhand te hê wat jou persoonlike inligting, verwysings, opleiding en ondervinding bevat nie. Noem enige deeltydse werk wat jy gedoen het terwyl jy ’n skolier was, enige prestasies wat jy op hoërskool behaal het en die hoogste punte wat jy aan die einde van matriek behaal het. Jy gaan ook een of twee verwysings benodig, byvoorbeeld ’n vorige werkgewer of ’n onderwyser wat jou goed ken. Solidariteit het ʼn slim aanlyn CV-bouer wat jou stap vir stap verduidelik hoe om ʼn CV op te stel wat tussen die res uitstaan. Klik hier om meer te lees.
  • • Bemark jouself. Vra vriende, familie en kennisse of hulle van enige werksgeleenthede weet. Bemark jouself ook op sosiale media.
  • • Bied jou dienste gratis aan. Indien geen werksgeleenthede opduik nie, bied jou hulp by ’n liefdadigheidsorganisasie of nieregeringsorganisasie aan, al beteken dit jy moet telefone beantwoord of fotostate maak – enige ondervinding is goed.
  • • Werk hard en wees bereid om onder te begin. Geleenthede gaan beslis nie in jou skoot val nie en jy moet bereid wees om hard te werk. Moet geen werk afwys nie.
  • • Sodra jy ’n CV opgestel het, ’n bietjie ondervinding opgedoen het en rondgesoek het, sal jy ’n beter idee hê van die rigting wat jy wil inslaan, byvoorbeeld om te gaan studeer of met ’n loopbaan te begin.

Solidariteit wil saam met jou die pad van die klaskamer na jou kantoor stap! Klik hier om ʼn gratis profiel op Solidariteit te skep en raak deel van ‘ netwerk van jong mense wat jou wil bemagtig en saam met jou ʼn toekoms wil bou!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel