Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk sê skaamteloos #ElkeenHelpEen
Deur Maryna Eksteen
Jy as individu maak saak vir Solidariteit. As ʼn individu kort jy egter ook ʼn groep of ʼn netwerk waar jy kan woeker om jouself en jou vaardighede ten toon te stel en uit te brei. Solidariteit se beroepsnetwerke bied juis dít – ʼn netwerk van werk waarbinne mense in dieselfde beroepe ʼn netwerk vorm – #ElkeenHelpEen.
Solidariteit is ʼn aanlyn werkgemeenskap wat jou nie net in jou beroep versterk nie; dit is ook ʼn plek waar jy tuis kan voel, saam kan werk en saam kan leer. Solidariteit se beroepsnetwerke is gemeenskappe wat daarop toegespits is om die betrokke beroep te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, om as ʼn waghond toesig oor jou spesifieke beroep te hou en om met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom.
Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk is jou loopbaanvennoot op jou pad na meesterskap in ʼn kantoor- en administratiewe omgewing. Lees hier meer oor dié beroepsnetwerk.
Kantoorpraktisyns voel soms dat hulle nie na waarde geag word nie, en dit terwyl hulle ʼn kritieke rol in die dag-tot-dag-bestuur van enige onderneming speel. Kantoorpraktisyns het nou die kans om persoonlik verantwoordelikheid vir hul beroep te neem en om deel te word van ʼn beroepsgemeenskap waar hulle verstaan word, hul kennis met mekaar kan deel, waar hulle hul vaardighede en kennis kan uitbrei en hulself tot hul volle potensiaal as spesialiste in die beroep kan vestig. Só help ons mekaar.
Ons verstaan dat kantoorpraktisyns unieke uitdagings ervaar, onder druk werk en oor wye kennis, inligting en vaardighede moet beskik. Solidariteit se Kantoorpraktisynsnetwerk bied dus vir jou ʼn netwerk van werk, en ons doen dit lekker in Afrikaans! Lees meer oor Solidariteit.