
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Ambagnetwerk floreer met geleenthede vir jong mense
Deur Heléne Leonard
Die doel van Solidariteit se Ambagnetwerk is om almal wat kán werk en wíl werk die geleentheid te bied om die beste uit hul beroep te ontgin en só ook te groei. Die doel is dus dat lede van Solidariteit Jongwerkende binne in hierdie netwerk in hulle tydperk as studente bemagtig word. Hierdie studente word dan deur Ajani in die werkomgewing geplaas en danksy Solidariteit betree hulle die werksmag met die nodige kennis en vaardighede om die grootmenswêreld suksesvol te betree.
Dirk Smit, netwerkorganiseerder van die Ambagnetwerk, vertel dat hy verantwoordelik is om die ander organiseerders in die streke met die Ambagnetwerkboodskap te bemagtig sodat dié beroepsnetwerk se werwing van ambagslui kan groei en die beroepsnetwerk sodoende uitgebou kan word. “Ek hanteer ook administratiewe take in terme van ons jaarlikse #JouYster-kompetisie en is ook verantwoordelik vir werwing binne ons streek,” sê hy. Vir Smit is dit belangrik dat die beroepsnetwerk groei en floreer. “Na my mening is ambagslui die een beroep wat altyd werk sal hê en is dit belangrik dat ons goeie werksomstandighede skep,” sê Smit.
Die Ambagnetwerk bied uitstekende geleenthede vir jong mense om die wêreld van ambagte te betree. Deur by die netwerk aan te sluit, bemagtig jy jouself om beter in jou beroep te wees. “Met werkfasilitering wat ons in die bedryf vervul, veral met die huidige sonkragprobleme, is dit belangrik om deel te wees van ʼn netwerk wat vir jou beroep veg en sal ek sê dat dit beslis ʼn moet is om by hierdie netwerk aan te sluit,” sluit Smit af.
Klik hier om by Solidariteit se Ambagnetwerk aan te sluit.