Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Het jy binnekort ’n werkonderhoud? Berei só voor
Deur Marné Pienaar
As daar een ding meer senutergerd is as om aansoek te doen vir werk, is dit om genooi te word vir ’n onderhoud. Hoe berei ʼn mens voor vir ʼn onderhoud? Watter vrae kan jy verwag en wat moet jy aantrek?
Solidariteit se omvattende Onderhoudgids beantwoord al jou vrae en gee topklas-wenke vir elke aspek van die onderhoudproses. Hierdie gids is beskikbaar op Solidariteit se nuutste aanbod, die Studeerkamer.
Wat is die Studeerkamer?
Die Studeerkamer is ʼn digitale biblioteek gevul met ʼn skatkis van nuttige hulpbronne soos, gidse, template, video’s en vele meer! Hierdie bronne is gratis beskikbaar op die Studeerkamer en kan vir jou insig bied op verskeie fasette van jou lewe en loopbaan.
Wat bied die Onderhoudgids?
Die sukses van ʼn onderhoud hang dikwels af van die vrae wat gevra word. Daar is egter ʼn magdom ander details waarvoor die werwer op die uitkyk is. Dié gids bevat ʼn lys van algemene vrae wat jy tydens ʼn onderhoud kan verwag, wat jou sal help om voorbereid te wees vir enige situasie. Met hierdie lys as riglyn kan jy verseker wees dat jy gereed is om die regte antwoorde te gee en ʼn goeie indruk te maak.
Hoe kan jy toegang tot die Onderhoudgids kry?
Die onderhoudgids is beskikbaar op die Studeerkamer, wat jy op Solidariteit se eenstop-werk-en-leer-platform sal vind. Indien jy nog nie ʼn profiel geskep het nie, #RaakBetrokke en registreer jou gratis profiel hier. Sodra jy jou profiel geskep het, navigeer na “Studeerkamer” op die kieslys aan die linkerkant.
Solidariteit is jou grootste aanlyn werkgemeenskap en ons glo dat almal wat wíl werk, moet kán werk. Daarom stel Solidariteit hierdie gids vir jou beskikbaar. Wees ten volle voorbereid vir jou volgende werkonderhoud met Solidariteit se alles-in-een Onderhoudgids.