loading
Artikels
1 jaar gelede
hoe-jou-kind-die-regte-vakkeuses-kan-maak

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe jou kind die regte #Vakkeuses kan maak

Deur Ané Janse van Rensburg

Só staan jou kind nou voor ʼn lys van keuses wat hy of sy moet maak, wat moontlik die res van sy of haar loopbaan kan beïnvloed. Duisende graad 9-leerders moet elke jaar vakke kies wat hulle vir die res van hul hoërskoolpad gaan aanpak. Hoe kan jy seker maak dat jou kind die regte vakke kies?

Die besluite wat jou kind op skool neem, kan ʼn groot invloed op die res van hulle toekoms hê. Om hierdie rede wil Solidariteit seker maak dat jy en jou kind die nodige inligting het om die regte vakke te kies. Met meer as 30 kort video’s op Solidariteit by die #Vakkeuse-portaal is dit nou makliker as ooit vir jou kind om die regte vakke te kies wat hul toekomsdrome en -doelwitte sal ondersteun.

Vakkeuses is ʼn wetenskap en rig jou kind se toekomspad, daarom moet kinders en ouers deeglik ingelig wees voordat die keuse uitgeoefen word. Solidariteit het al die regte antwoorde op jou en jou kind se vrae in ʼn kort videoformaat vasgevang. Te danke aan hierdie videoleer-hulpbron, kan jou kind ʼn duidelike prentjie skep van wat die vak behels en wat van hulle verwag gaan word.

Mareli Bothma, bestuurder van Solidariteit se skoliere-aanbod, beklemtoon die belangrikheid daarvan dat ouers en kinders moeite moet doen om reeds in graad 9 die regte vakke te kies om swak prestasie op skool te vermy asook die langdradige proses om vakke te verander. “Kennis is mag. Indien jy as ouer onseker voel oor die lang lys vakke wat op die skoolbrief verskyn, bemagtig jouself sowel as jou kind deur Solidariteit se gratis #Vakkeuse-video’s op Solidariteit te kyk.”

Kyk gerus hierdie video om meer oor die #Vakkeuse-portaal uit te vind.

Solidariteit wil saam met jou en jou kind bou aan hulle toekomsplanne. Die regte vakke skep ʼn fondasie waarop jou kind kan begin beplan en bou, en sodoende hul toekomsplanne bemeester. Skep vandag nog ʼn profiel vir jou kind en maak hulle toekomsdrome ʼn realiteit.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel