Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Hoe kry ek my skool in die media?
Deur Nico Strydom
Bemarking is ʼn universele sleutel wat soveel deure vir jou skool kan oopsluit en jou kan help om ʼn verskil te maak, ongeag hoe klein of groot jou skool is.
Phillip Bruwer, voormalige joernalis en tans ʼn kommunikasiebeampte by Solidariteit Helpende Hand, brei in die kursus “My skool in die media” uit op die moets en moenies rakende blootstelling vir jou skool in die media.
Daar word onder meer na die media-landskap gekyk ten einde ʼn begrip te hê van die verskillende mediahuise, die verskillende mediums waarin hulle werk, op watter nuus en gebeure daar in die onderskeie media gefokus word, sowel as die belangrikheid van spertye. Sosiale media speel ook ʼn belangrike rol en word ook onder die loep geneem.
Die verskillende soorte nuus word bespreek terwyl daar ook na scenario’s verwys word waar media skole sou kontak en hoe hulle te werk sou gaan om dit te doen, asook hoe om daarvoor voor te berei. Verskillende gebeure by skole word ook bespreek en daar word raad gegee oor hoe om die gebeure aan die media te kommunikeer om sodoende moontlike blootstelling in hierdie verband te kry.
Dit is noodsaaklik om kontakte te bewerkstellig en netwerke te bou. Daar word verduidelik hoe om te werk te gaan om dit te doen ten einde goeie mediaverhoudinge te bou. Die belangrikheid van goeie inhoud word bespreek, insluitend hoe om dit te skryf en aan te bied. Multimedia word ook bespreek en daar word raad gegee oor hoe om dit optimaal te benut.
Hierdie kursus fokus daarop om jou te bemagtig om mediaverhoudinge te bou en om inhoud te genereer ten einde mediablootstelling vir jou skool te kry.
Solidariteit skep ʼn eenstop-beroepstuiste vir voortgesette leer. Lees hier meer oor hoekom voortgesette leer deure vir jou kan oopsluit.
Lede van Solidariteit geniet gratis toegang tot hierdie kursus sowel as verskeie ander kursusse vir voortgesette leer. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit.
Maak nuwe deure vir jou skool oop danksy Solidariteit se kursus, “My skool in die media”. Is jy onseker oor hoe jy vir die kursus kan inskryf? Klik hier vir meer inligting.