loading
avatar
Artikels
6 dae gelede
hoe-kry-jy-n-voet-in-die-deur-as-jongwerkende

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe kry jy ’n voet in die deur as jongwerkende?

Deur Leré Nel

Jy het jou kwalifikasie. Jy voel asof jy reg is vir die wêreld van werk. Maar daar is een groot dilemma wat elke jongwerkende persoon in die gesig staar…

Hoe kry jy werk as jy nog nie ervaring het nie?

Jy het ervaring nodig om ʼn werk te kry, maar jy het ʼn werk nodig om ervaring te kry. Dit is nou wragtig ʼn “catch 22”!

Hierdie dilemma het gelukkig ʼn oplossing – alhoewel baie mense dit miskyk. Begin met ʼn internskap!

Internskapgeleenthede gee jou die kans om:

  • • praktiese ervaring op te doen wat jy op jou CV kan sit;
  • • jou vaardighede te ontwikkel; en
  • • die omgewing waarin jy wil werk, beter te leer ken.

Wat sê voormalige interns oor hulle ervaring?

Tharina Hartman, ʼn voormalige klerk by Hurter Spies Prokureurs, sê toe die tyd aanbreek vir haar om aansoek vir werk te doen, moes sy die harde realiteit in die gesig staar dat die meeste van die ander kandidate dieselfde kwalifikasie as sy het en dat sy iets anders moes doen om uit te staan. “My internskap het my gehelp om ʼn mededingende voordeel te skep en uiteindelik permanent aangestel te word nadat ek my klerkskap voltooi het.”

Wanneer almal dieselfde kwalifikasies het, is dit ervaring wat jou laat uitstaan bo die res.

PJ van Staden, wat as intern by Solidariteit se bemarkingspan begin werk het en na sy internskap permanent aangestel is, verduidelik dit só:

“ʼn Mens het ervaring nodig om werk te kry, en jy het werk nodig om ervaring te kry. ʼn Internskap is seker die enigste manier om daardie dilemma op te los. Solidariteit het dit moontlik gemaak vir my om my loopbaan suksesvol af te skop deur my te help om ʼn internskap te kry.”

’n Internskapgeleentheid help jou om daardie eerste hekkie te oorkom: die opdoen van ervaring.

Hoe kry ek ʼn internskapgeleentheid?

Dit is waar Solidariteit jou kan help. Danksy Solidariteit se gratis werkfasiliteringsplatform kan jy ʼn profiel skep, jou CV oplaai en toegang tot honderde internskappe kry – alles in Afrikaans. Dit is maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Jy kry ook toegang tot CV-gidse, onderhoudvoorbereiding, ʼn beroepsnetwerk waar jy kan inskakel én kortkursusse om jou vaardighede te slyp.

Die Jongwerkende-span staan ook altyd gereed om jou op jou loopbaanreis te help – hetsy om jou vrae te beantwoord of na jou CV te kyk en voorstelle te maak. Kontak hulle gerus by jongwerkende@solidariteit.co.za. As Jongwerkende-lid kry jy ook toegang tot die aanlyn regshulp-kletsbot, wat jou kan help met enige werkverwante probleem of arbeidsregkwessies wat jy mag ervaar.

Jy het die kennis. Jy het die passie. Nou benodig jy net ʼn kans – en dit is presies wat Solidariteit jou bied.

Skep vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit en kry jou eerste internskap!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel