loading
Artikels
4 dae gelede
hoe-om-jou-jaar-as-student-vir-sukses-te-beplan

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe om jou jaar as student vir sukses te beplan

Studente ervaar ongelooflike akademiese druk. Daar word van studente verwag om akademies te presteer, deel te neem aan allerlei studente-aksies, en dan wil ʼn mens ook nog ʼn gesonde sosiale lewe hê. Sonder die nodige beplanning kan dit maklik oorweldigend raak. Lees hierdie artikel om uit te vind hoe om jou jaar as student vir sukses te beplan!


Deur Liza Joubert

Die lewe as student is gevul met heelwat nuwe uitdagings, maar danksy die regte benadering kan jy jou studiejaar in 2025 voluit benut. Effektiewe beplanning en doelgerigte aksies is die hoeksteen van akademiese sukses. Pak jou akademiese jaar met strategiese beplanning en doelwitstelling aan.

1. Stel doelwitte wat jou motiveer

Begin die jaar deur jou akademiese en persoonlike doelwitte neer te skryf. Fokus op kort- en langtermyndoelwitte, soos om ʼn spesifieke gemiddeld in jou vakke te behaal of aan ʼn studentevereniging deel te neem of in die vereniging se bestuur te dien.

2. Beplan jou akademiese take vooruit

Gebruik beplanningsinstrumente soos Google Calendar of Trello om sperdatums, eksamens en studietyd vooruit aan te dui. Beplanning is die sleutel tot alle sukses. Dit sal verhoed dat jy belangrike datums of toetse misloop. Beplanning is nie net nodig vir organisering nie, dit verhoed ook dat take uitgestel word.

3. Bou ʼn ondersteuningsnetwerk

Kenners beklemtoon dat studente wat deel is van ondersteunende netwerke beter vaar. Solidariteit se Studentelewe-groep skep ʼn veilige ruimte waar studente saam met ander wat ook soortgelyke uitdagings ervaar, kan leer en groei.

4. Balanseer akademie en geestesgesondheid

As dit nie reg bestuur word nie, kan stres jou sukses belemmer. Jou universiteit bied waarskynlik middele om jou te ondersteun indien stres jou welstand negatief beïnvloed. Maak gebruik van die dienste van studenteberaders om jou te help om jou werkslading te kan hanteer. Deur onnodig te stres oor sake gaan nie die probleem oplos nie.

Volgens dr. Laurie Santos, skrywer van The Science of Well-Being, is klein daaglikse gewoontes soos selfrefleksie en oefening van groot waarde vir jou welstand.

Vanjaar kan jou jaar van groei en sukses wees as jy die regte hulpmiddels en netwerke gebruik!

Word deel van die gratis Studentelewe-groep op Solidariteit, jou eenstop-tuiste vir werk en leer. Skep jou profiel hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel