Afrikaans

English

loading
Mediaverklarings
5 jaar gelede
hof-staan-interdik-toe-om-nsf-bevorderings-tydelik-te-staak

Hof staan interdik toe om NSF-bevorderings tydelik te staak

Die hooggeregshof het vandag ʼn interdik in Solidariteit se guns toegestaan om die bevorderings van oud-MK- en APLA-lede, oftewel die niestatutêre magte (NSF), in die SA Polisiediens (SAPD) tydelik te stop.

Dit volg nadat Solidariteit ʼn dringende aansoek vir die interdik voor die hooggeregshof gebring het om die bevordering van sowat 628 NSF-lede stop te sit totdat die hof argumente oor die geldigheid en wettigheid van die NSF-projek in sy geheel op 30 Januarie aanstaande jaar aanhoor.

Volgens Renate Barnard, sektorkoördineerder van spesiale projekte by Solidariteit, is hierdie uitspraak ʼn oorwinning vir die ander 150 000 getroue polisielede wie se bevorderingsgeleenthede deur die NSF-projek gekniehalter word. “Solidariteit argumenteer ten sterkste dat die bevordering van NSF-lede – wat in sommige gevalle tot soveel soos vyf range spring – uiters onregmatig en ongrondwetlik is. Voorts veroorsaak hierdie ongrondwetlike bevorderings dat ander polisielede met jarelange getroue diens nie bevorder word nie, uitsluitlik omdat hulle nie ʼn sekere agtergrond het nie. Ons is dus verheug dat die hof bevind het dat die bevorderings nie mag geskied totdat die wettigheid van die hele projek nie getoets is nie,” het Barnard gesê.

Volgens Barnard sien Solidariteit daarna uit dat die hof vroeg volgende jaar die NSF-bevorderings deeglik in oënskou neem. “Dit is in ons lede se belang en in nasionale belang dat die NSF-projek hersien word. Dit is niks anders as ʼn polities gemotiveerde projek nie,” het Barnard gesê.

Uitspraak aangeheg. Klik hier

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel