loading
Artikels
2 dae gelede
is-verkope-n-natuurlike-talent-of-n-vaardigheid-wat-jy-kan-aanleer

Foto Krediet: OkayDeer

Is verkope ʼn natuurlike talent of ʼn vaardigheid wat jy kan aanleer?

Glo jy dat mense met die gawe om te verkoop gebore word? Indien jou antwoord “ja” is, het ek nuus vir jou: Moenie langer hierdie mite glo nie! Enige iemand kan leer om ʼn suksesvolle verkoopspersoon te wees as hulle die regte opleiding ontvang en tegnieke aanleer. Die Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk wil jou graag bemagtig met maniere hoe jy selfvertroue kan bou en jou verkoopsdoelwitte kan bereik. Lees dié artikel vir waardevolle insigte.


Deur Kyla-Ann du Toit

As jy al ooit op ʼn Vrydagmiddag by die koffiekroeg gestaan het terwyl jou verkoopsbestuurder jou daardie dodelike vraag vra – “Hoe lyk jou syfers?” – dan weet jy presies hoe dit voel om skielik te wens jy was ʼn gogga wat onder die mat kon inkruip. Druk om verkoopsyfers te haal is geen grap nie.

Is jy ook van mening dat mense óf gebore word met die gawe om te verkoop óf glad nie kan verkoop nie? Wel, staan gou ʼn oomblik stil, want dit is beslis ʼn mite! Verkope is nie ʼn ingebore talent nie – dit is ʼn vaardigheid wat enigeen kan aanleer. Hoekom sê ek dit met soveel sekerheid? Wel, hier is hoekom:

Die mite van “die gebore verkoper”

Kom ons breek die nuus saggies vir die mense wat dink hulle is met ʼn goue lepel in die mond gebore: Nee! Niemand is ʼn gebore verkoopspersoon nie – nie eens jou gunstelingmotorhandelaar of daai irriterende ou in telekommunikasie nie. Verkope is nie ʼn gawe nie, dit is ʼn vaardigheid – en soos met enige vaardigheid, kan jy dit aanleer.

Daar is wel diegene wat bietjie vinniger die kuns van “klets en oortuig” aanleer, maar hier is die moontlike waarheid: die ou wat vandag sy bonus opraap, was dalk gister nog die een wat gesukkel het om ʼn waterbottel aan ʼn dors kampeerder te verkoop. Die verskil? Opleiding, tegniek en ʼn gesonde dosis selfvertroue.

Suksesstories van die “Ek kon nie, maar nou kan ek”-brigade

Dink aan Sara, ʼn voormalige onderwyseres wat geglo het sy is meer geskik om somme as verkoopsstrategieë aan te leer. Sy het aanvanklik geworstel om selfs ʼn potloodskerpmaker aan ʼn potlood te verkoop, maar nadat sy Solidariteit se “Langverkope”-kursus voltooi het, het sy vinnig geleer hoe om haar gehoor se aandag vas te vang en transaksie ná transaksie te verseker.

Of dink aan Koos, die motorverkoper wat gedink het die motors verkoop hulself. “Spoiler alert”, hulle doen nie. Danksy Solidariteit se kursus “Marksegmente en verkoopstegnieke” het hy geleer hoe om mense se behoeftes eerste te stel en nie net die produk in hul kele af te druk nie.

Leer die vaardighede aan wat régtig werk

In plaas daarvan om te wag vir daardie dag van wonderwerke wanneer jy dalk skielik ʼn verkoopsghoeroe gaan wees, hoekom nie jou vaardighede slyp en regtig die mark betree nie? Solidariteit bied ʼn verskeidenheid kursusse aan wat jou gaan leer hoe om elke tipe verkoop met selfvertroue aan te pak – kursusse van onder meer “Kortverkope” tot “Verkoopsaanbieding”is jou antwoord.

Dit is tyd om daardie mite oor “gebore verkoopspersone” te begrawe en eerder te fokus op wat regtig saak maak: harde werk, slim en waardevolle tegnieke en die nodige opleiding. Sluit vandag nog by die Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk aan en begin jou reis na ʼn suksesvolle loopbaan in verkope sáám met jou betroubare loopbaanvennoot!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel