loading
Artikels
1 maand gelede
jou-afrikaanse-eenstopplatform-vir-werk

Foto Krediet: OkayDeer

Soek werk in Afrikaans want #JyHoortHier!

Deur Ané Janse van Rensburg

Dit raak al hoe moeiliker om die wêreld van werk te betree. Die lysie van vereistes om vir poste aansoek te doen, raak al langer. Daar is ʼn oormaat van kandidate en dit lyk asof geleenthede meer gekoppel is aan wie jy ken as wat jy weet. Solidariteit bring ʼn vars en opwindende uitkyk op die werksoekproses!

Elkeen wat wíl werk, móét kan werk. Of dit nou vakansiewerk vir studente of ʼn voltydse werksgeleentheid vir ʼn professionele persoon is, danksy werkfasilitering bied Solidariteit ʼn volhoubare oplossing want #JyHoortHier.

Werkfasilitering is ʼn gratis funksionaliteit wat daarop gemik is om werkgewers en werksoekers met mekaar in verbinding te bring – en dít is alles in Afrikaans! Solidariteit tree nie as ʼn plasingsmaatskappy op nie, maar fasiliteer eerder die proses om werkgewers en werksoekers  bymekaar te bring. Deur hierdie belangrike rol binne Solidariteit te vervul, dra die platform by tot die skepping van gemeenskappe waarin individue vry, veilig en voorspoedig kan wees.

Só werk die proses van werkfasilitering op Solidariteit se platform:

  1. 1. Registreer jou profiel op Solidariteit en raak deel van die grootste aanlyn werkgemeenskap. Klik hier om jou profiel te skep.
  2. 2. Voltooi jou profiel deur jou inligting in te vul en gelyktydig jou digitale CV te bou. Laai dan jou CV deur ons slim CV-bouer af.
  3. 3. Besigtig die lys poste wat beskikbaar is en doen aansoek vir jou droompos!

Met hierdie drie stappe maak Solidariteit dit vir jou maklik om die werksmag te betree. Lees hier meer oor hoe om gedurende die werkaansoekproses uit te staan. Al die bogenoemde is ook heeltemal gratis. Skep dus vandag nog jou profiel en blaai deur honderde poste in jou beroep!

Solidariteit bied ook ʼn wye verskeidenheid werkkategorieë wat volgens die unieke behoeftes van ons gemeenskap aangepas is. Hierdie kategorieë sluit in vakansiewerk, skaduwerk, tydelike werk, voltydse werk, internskappe en klerkskappe.

Die waarde van werkfasilitering vir die Afrikaner-kultuurgemeenskap lê daarin dat ons ʼn betroubare en veilige platform bied waar lede van die gemeenskap geskikte werksgeleenthede kan vind wat met hul individuele behoeftes ooreenstem. Solidariteit streef daarna om ʼn gevoel van gemeenskap en helpmekaar e skep deur werksoekers en werkgewers wat poste beskikbaar het, bymekaar te bring. Dit sal ons gemeenskap sal help om vry, veilig en voorspoedig te wees.

Vir diegene wat by Solidariteit aansluit, is daar nóg meer waarde om te ontgin. Lede kry die geleentheid om hul professionele netwerk uit te brei en skouers te skuur met kenners en kundiges in hul beroep. Daarmee saam kry lede ook gratis toegang tot meer as 130 kursusse vir voortgesette leer wat hulle in die werkplek bemagtig om bo hul mededingers uit te staan.

Maak vandag die deure na jou beroepsukses wawyd oop danksy die grootste Afrikaanse aanlyn werkportaal. Klik hier en kom druk jou stempel in die werksmag af saam met Solidariteit!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel