loading
avatar
Artikels
1 week gelede
jou-toekoms-in-tuisversorging-begin-vandag-met-r3000-afslag

Foto Krediet: Facebook / Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut

Jou toekoms in tuisversorging begin vandag – met R3 000-afslag!

Deur Kyla-Ann du Toit

Daar is mense wat met hul hande werk, en dan is daar dié wat met hul harte werk. Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut lei juis hierdie mense op – dié met ʼn roeping om ander te versorg.

Die Helpende Hand Opleidingsinstituut is in 2020 deur Solidariteit Helpende Hand begin nadat dit duidelik geword het dat daar ʼn groot tekort aan bekwame tuisversorgers in Suid-Afrika is. Vandag, vyf jaar later, kan hulle met trots sê dat meer as 140 studente reeds hul kwalifikasies verwerf het – almal met dieselfde doel: Om met deernis en kundigheid ʼn verskil te maak, nie net in die land nie, maar ook in mense se lewens.

Twee unieke kursusse

Vanaf 2026 bied die Helpende Hand Opleidingsinstituut twee voltydse programme aan by hul kampus in Garsfontein, Pretoria:

1. Opleiding van versorgingsassistente (6 maande)

Hierdie kursus bestaan uit:

  • • 80 uur teoretiese modules;
  • • 300 uur praktiese opleiding in ʼn moderne simulasielaboratorium; en
  • • 300 uur werkplekgeïntegreerde leer (WIL) in ʼn goedgekeurde tehuis.

Met ʼn minimum toelatingsvereiste van graad 10 en studiekoste van R18 000, is dit die ideale opsie vir iemand met ʼn hart en roeping om mense te help.

2. Opleiding van versorgers (een akademiese jaar)

Hierdie meer uitgebreide en gespesialiseerde kursus sluit 450 uur se teorie, praktyk en werkplekopleiding in.

Die program is geakkrediteer as ʼn NKR-vlak-3 en stel studente in staat om pasiënte meer onafhanklik te versorg, ook in privaat huise. Die minimum toelatingsvereiste is graad 12 of ʼn gelykwaardige kwalifikasie, en die koste van die kursus beloop R29 850.

Kampusopedag

Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut nooi jou om hulle opedag op Saterdag 25 Oktober 2025 van 09:00 tot 14:00 by hulle kampus in Garsfontein, Pretoria, by te woon. Kom ervaar self wat hierdie opleidingsinstituut uniek maak.

Of jy nou op soek is na die regte plek om te leer, te groei of jou toekoms te vorm, die kampusopedag is die perfekte geleentheid om die span te ontmoet, die fasiliteite te verken, vra te vrae en die omgeekultuur te beleef.

Meer as opleiding – dit is ʼn roeping

Wat hierdie opleiding so besonders maak, is dat dit nie net op vaardighede fokus nie, maar ook op respek, integriteit, deernis en uitnemendheid. Die ideale student vir hierdie kursus is iemand met ʼn roeping om ander te versorg en wat ʼn verskil in die wêreld wil maak – iemand met ʼn hart vir mense, gedryf deur deernis en ʼn begeerte om betekenisvol te leef.

Die opleidingsentrum self is ook ʼn simbool van hoop. Die gebou is deur ʼn Afrikaanse gesin geskenk wat dit oorspronklik as ʼn veilige werkplek vir hul gestremde seun gestig het. Ná sy afsterwe het hulle dit aan Solidariteit Helpende Hand oorgedra met die doel om volhoubaar aan kwesbare mense en die gemeenskap terug te gee.

Finansiële hulp en voordele

Finansiële bystand is beskikbaar deur die Solidariteit Helpende Hand Studietrust, wat ʼn beperkte aantal rentevrye lenings op ʼn streng keuringsgrondslag bied. Solidariteit bied aan sy lede ʼn omvattende, gesubsidieerde opleidingsvoordeel by al die opleidingsinstellings binne die Solidariteit Beweging – insluitend die Helpende Hand Opleidingsinstituut (onderhewig aan Solidariteit sebepalings en voorwaardes).

As jy voor 31 Oktober 2025 vir ʼn kursus registreer, kry jy R3 000-afslag op jou totale studiekoste. Doen vandag nog aansoek by www.helpendehandopleiding.co.za en begin jou reis na jou roeping!

Vir enige navrae, stuur gerus ʼn e-pos na opleiding@helpendehand.co.za.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel