loading
Artikels
1 dag gelede
kragdag-2025-onssalself-in-aksie

Foto Krediet: Verskaf

KragDag 2025: #OnsSalSelf in aksie

Solidariteit is stewig gebou op ʼn “Ons sal self!”-ingesteldheid van selfdoen.

KragDag is jaarliks ʼn hoogtepunt op die kalender – ʼn geleentheid waar innoveerders en selfdoeners bymekaarkom vir die grootste ekspo wat alternatiewe energie-oplossings en idees bevorder.

Kom kuier saam by KragDag 2025 – waar selfstandigheid nie net ʼn ideaal is nie, maar ʼn plan in aksie.

Van energie en water tot landbou en onderwys – hier sal jy praktiese oplossings vind wat jou en jou gemeenskap bemagtig om onafhanklik te leef. KragDag vind plaas van 7 tot 9 Augustus 2025 op Diamantvallei Landgoed net buite Pretoria. En jy is genooi!

Solidariteit glo in selfdoen. KragDag wys jou hoe.

Vanjaar se tema, “Bou ʼn nalatenskap”, sluit naatloos aan by Solidariteit se missie om saam te veg, te bou en te beskerm. Waar staatsinstellings faal om landsburgers op te hef, floreer gemeenskappe wat self begin bou.

Datum: 7 – 9 Augustus 2025

Plek: Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria

Meer inligting: www.kragdag.co.za | info@kragdag.co.za

Wat wag op jou by KragDag 2025?

Meer as 600 uitstallers met oplossings vir krag, water, landbou, onderwys en entrepreneurskap!

  • • Die Kuns-en-kou-mark saam met Solidariteit Helpende Hand
  • • ʼn Volledige landbou-sub-ekspo in samewerking met TLU SA
  • • Die Entrepreneuria Junior Entrepreneurskompetisie vir jong denkers en dromers
  • • Vermaak in twee biertuine, praktiese demonstrasies en gesinspret om elke hoek en draai
  • • Die Kopskuif-ateljee – met gesprekke wat jou laat dink, droom en doen

Waar kan jy jou kaartjie koop?

  • Kinders onder 18 jaar kry gratis toegang
  • Afslagkaartjies aanlyn beskikbaar teen R75 (toegang vir al drie dae)
  • Kaartjies by die hek: R120 per volwassene

Klik hier vir kaartjies en meer inligting

ʼn Toekoms word saam gebou – bring jou gesin KragDag toe!

KragDag 2025 is nie net vir uitvinders en entrepreneurs nie – dis vir die hele gesin. Kom loer, leer, kuier, ontdek en beleef drie dae van selfstandige leefstyl, praktiese oplossings en hoop.

Kom kyk self hoe lyk #OnsSalSelf in die praktyk by KragDag 2025!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel