loading
Artikels
1 dag gelede
begin-nou-met-siviele-ingenieurswese-by-bo-karoo-opleiding

Foto Krediet: OkayDeer

Begin nou met Siviele Ingenieurswese by Bo-Karoo Opleiding!

Oorweeg jy ʼn loopbaan waar jy werklik ʼn verskil kan maak? Een waar jy strukture skep wat gemeenskappe verander, en waar jou vaardighede elke dag in die praktyk getoets en waardeer word? Dan is Siviele Ingenieurswese moontlik jou roeping. En die beste nuus? Jy hoef nie tot volgende jaar te wag om weg te spring en jou roeping te vervul nie – Bo-Karoo Opleiding (BKO) se volgende inname is reeds in Augustus 2025!

Waarom Siviele Ingenieurswese?

Siviele ingenieurs is die ontwerpers en bouers van ons infrastruktuur. Hulle beplan, ontwerp en bou alles van paaie en brûe tot watertoevoerstelsels en geboue. Dis ʼn beroep met ʼn duidelike impak, langtermynsekuriteit en internasionale toepassing. En met BKO se praktykgerigte benadering, leer jy nie net in die klas ʼn klomp teorie nie – jy doen ook prakties in die wêreld.

Wat bied BKO se Siviele Ingenieurswese-program?

Nasionale N-diploma (vlak 6) – ten volle erken en geregistreer (SAQA ID 90674)
Kombinasie van teorie én werkservaring – ideaal vir studente wat wil leer én werk
Toegang tot ’n netwerk van professionele kontakte en praktiese geleenthede
Geen gewag tot 2026 nie – begin jou studies reeds in Augustus vanjaar!

Loopbaanvooruitsigte

Siviele Ingenieurswese is nie net ʼn graad nie – dis ʼn roete op die pad na verskeie ander geleenthede:
🔹 Bourekenmeester
🔹 Projekbestuurder
🔹 Landmeter
🔹 Konstruksiebestuurder
🔹 Strukturele ontwerper
🔹 En nog vele meer!

Met die regte kwalifikasie en praktiese ervaring, wag verskeie werksgeleenthede op jou – plaaslik én internasionaal.

Moenie laat jou drome wag nie – bou jou toekoms nóú, letterlik en figuurlik.
👉 Besoek bko.co.za/siviele-ingenieurswese om aansoek te doen of meer uit te vind.

Bo-Karoo Opleiding – waar praktyk en potensiaal ontmoet.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel