
Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
Jy kan nou Weet wat óns Weet!
Is jy as ouer soms bekommerd oor die hoeveelheid tyd wat jou kind op die internet moet spandeer vir navorsing vir hulle skoolwerk? Dan kan die bronne wat hulle opspoor, ook nie altyd vertrou word nie.
In ʼn wêreld waar kinders daagliks met inligting gebombardeer word, is Weet jóú uitkoms en hoop.
Weet het onlangs ook ʼn gedaanteverwisseling ondergaan en is van nou af ook as app of toepassing op jou slimfoon beskikbaar! Ons betree ʼn tyd waarin jou kind veilig nuwe bronne kan ontdek wat nie net betroubaar is nie, maar in hulle moedertaal komplekse inligting op ʼn prettige en verstaanbare manier verduidelik. Jou kind se volgende toespraak gaan die beste een nóg wees!
Hoe kry ek toegang?
Die goeie nuus is dat Weet.co.za reeds gratis aanlyn beskikbaar is vir enige gebruiker. Die webblad bevat reeds meer as 1 000 artikels. Die betaalde Weet-toepassing (app), wat slegs R10 per maand of R120 per jaar kos, bied soveel meer! Funksionaliteite wat jy bykry met die betaalde weergawe sluit onder meer luisterartikels in en gaan binnekort ook vasvrae, speletjies en ander interaktiewe elemente bevat wat leer nóg lekkerder maak. Die app is spesifiek ontwikkel om veiliger en makliker vir kinders te wees as ʼn gewone internetsoektog.
ʼn Praktiese hulpmiddel vir elke taak of toespraak
Of jou kind nou ʼn toespraak moet voorberei, ʼn skooltaak moet doen, of net iets nuuts wil leer – Weet gaan die antwoord hê. Die platform dek alles wat in die graad 4 tot 7-kurrikulum voorkom en brei daarop uit in eenvoudige, verstaanbare Afrikaans. Elke artikel bevat ʼn woordbank, vinnige feite, ʼn inhoudsopgawe, bronnelys en visuele hulpmiddels soos prente en video’s. Boonop maak luisterartikels dit moontlik om te leer, selfs op pad iewers heen – ideaal vir die rit op pad skool toe of sommer op die lang pad deur die Karoo.
Van Jan van Riebeeck tot die Olimpiese Spele – Weet dek dit alles!
Artikels is in 13 kategorieë georganiseer, naamlik skoolwerk; my land; geskiedenis; kultuur en vermaak; wetenskap en geografie; gesondheid en leefstyl; sport en ontspanning; geldsake en loopbane; tegnologie; kunste; taal; geloof; en politiek.
Betroubare inligting – versorg met sorg
Kwaliteit en akkuraatheid is van kardinale belang vir Weet. Elke artikel word deur ervare skrywers geskryf, deur ʼn kundige nagegaan, versorg en jaarliks bygewerk. Hierdie sorgsame proses verseker dat kinders – en grootmense – op Weet kan vertrou vir volledige, gebalanseerde en betroubare inligting.

Nou weet jý ook!
Bemagtig jou kind met veilige, betroubare inligting sodat hulle in hul skoolwerk kan floreer.
Laai die app hier af!