
Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
Kom sing saam – die Voortrekkermonument is rooi!
Beleef ʼn historiese aand vol trots en passie op 5 April 2025 by die Voortrekkermonument! Kom geniet Ruhan du Toit se roerende musiek terwyl die monument in rooi gloei, en vier die Afrikaner-erfenis saam met ander kultuurliefhebbers. Moenie hierdie unieke ervaring misloop nie – bespreek jou kaartjies vandag! Lees hier vir meer inligting.
Deur Kyla-Ann du Toit
Kom red jou erfenis op 5 April 2025 by die Voortrekkermonument!Ruhan du Toit, geliefde Afrikaanse sanger met ʼn stem wat harte roer, tree in die historiese Voortrekkermonument op om fondse in te samel vir die bewaring van die Afrikaner-erfenis.
Hierdie unieke vertoning beloof om jou nie net met ongelooflike musiek te betower nie, maar ook om jou kultuur en geskiedenis met trots te vier.
Wat maak hierdie aand so spesiaal?
Wanneer laas het jy die Voortrekkermonument in rooi gesien gloei? Die hele gebou gaan dramaties verlig word om die gevoel van passie en trots te beklemtoon. Dit is ʼn visuele fees wat jy eenvoudig nie wil misloop nie!
Hierdie aand beloof nie net om goeie musiek te verskaf nie – dit gaan ʼn volwaardige kuieraand wees. Bestel sommer jou braaipak wanneer jy jou kaartjie bespreek en kom braai self jou gunstelingvleis. Charka gaan sorg vir warm kole, terwyl Hokaai Vleismark se topgehalte-vleis jou braaibak sal volmaak. Vir bykos kry jy heerlike pap en sous om jou bord vol te maak.
Om die aand af te rond, sal daar ʼn kontantkroeg beskikbaar wees om jou dors te les, en gratis veilige parkering om te verseker dat jy die aand met gemoedsrus kan geniet.
Onthou om die volgende saam te bring:
- jou familie en vriende
- eetgerei vir die braai (braaitang en gunstelingbraaispeserye)
- gemaklike kampstoele en komberse
Let wel: Eie kos en drank word nie toegelaat nie, asook geen wapens, vuurwerke of dwelms nie.
Bespreek jou kaartjies:
Datum: Saterdag 5 April 2025
Tyd: 18:00 tot laat
Plek: Voortrekkermonument, Pretoria
Klik hier om jou kaartjie te bespreek. Kaartjies kos R150 per persoon.
Moenie hierdie ongelooflike geleentheid misloop om jou erfenis te ondersteun terwyl jy saam met ander kultuurliefhebbers die nag met musiek en kuier te geniet nie. Kry jou kaartjies vandag nog en kom geniet ʼn geskiedkundige aand!