loading
Artikels
3 dae gelede
van-n-droom-tot-werklikheid-kanton-en-akademia-bou-aan-die-toekoms-van-afrikaans

Foto Krediet: Verskaf

Van ʼn droom tot werklikheid: Kanton en Akademia bou aan die toekoms van Afrikaans

Kanton en Akademia bou saam aan ʼn wêreldklaskampus waar Afrikaans kan floreer. 2025 is ʼn jaar van aksie met finale ontwerpwerk en massagrondwerke. Die Toekomsbouer-veldtog inspireer gemeenskapsbetrokkenheid en bied vir beleggers ʼn unieke geleentheid. Lees hier meer oor hoe jy betrokke kan raak en aan ʼn nalatenskap vir Afrikaanse hoër onderwys kan help bou.


Deur Kyla du Toit

2025 gaan beslis ʼn opwindende jaar vir die Afrikaanse gemeenskap wees. Kanton is nie net besig om geboue op te rig nie; hulle bou werklik aan die toekoms. Hulle kampusprojek, in samewerking met Akademia, is nie net ʼn fisieke kampus nie, maar ʼn simbool van die lewenskrag van Afrikaans.

ʼn Visie wat mense se verbeelding aangryp

Ses maande ná die bekendstelling van die Toekomsbouer-veldtog is dit duidelik dat die projek steeds mense se verbeelding aangryp. Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton, sê hierdie visie is nie net ʼn bouprojek nie, maar ʼn beweging wat mense se harte raak.

Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton, en Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, tydens die bekendstelling van die Toekomsbouer-veldtog.

“Dit is immers waarvoor ons staan: om leefruimtes te skep waar Afrikaans kan floreer,” sê hy. “Die opwinding wat ons in gesprekke ervaar, die media-aandag en die groeiende gemeenskapsbetrokkenheid toon die impak van die Toekomsbouer-veldtog.”

Die grootste werk lê egter nog voor met die finale ontwerpsontwikkeling, die begin van die massagrondwerke en die fokus op kapitaalwerwing.

Belangrike mylpale vir 2025

2025 is ʼn jaar van aksie. “Hierdie jaar is van kritieke belang – die finale ontwerpsontwikkeling word gefinaliseer, massagrondwerke begin en ons fokus sterk op kapitaalwerwing,” sê Schalekamp. Elke stap is ʼn tree nader aan die werklikheid van ʼn wêreldklaskampus wat die Afrikaanse gemeenskap vir geslagte lank gaan dien.

Gemeenskapsbetrokkenheid as fondament

Die kern van hierdie projek is nie net die bou van ʼn kampus nie, maar die bou van ʼn gemeenskap. Akademia se wêreldklaskampus in Pretoria sal gebaseer wees op gemeenskapsbetrokkenheid, waar die stem van die mense wat dit ondersteun, duidelik gehoor kan word.

Akademia-kampus | Argiteksvoorstelling

Daarom loods Kanton ook binnekort ʼn veldtog wat vir elkeen die volgende vraag sal vra: “Waarvoor bou jy?” Schalekamp benadruk die belangrikheid van hierdie vraag. “Gemeenskapsbetrokkenheid is die fondament waarop Akademia se wêreldklaskampus in Pretoria gaan staan.”

Inspirasie en betrokkenheid deur video’s

Ons het onlangs ʼn nuwe videoreeks van stapel gestuur waarin die mense wat hierdie projek moontlik maak, hul stories deel. Hierdie reeks sal die publiek se betrokkenheid verder bevorder en die pad vorentoe duideliker uitstippel.

Volg Kanton se sosialemediaplatforms om op hoogte te bly van die hoe, waar en hoekom van hierdie projek.

ʼn Goeie geleentheid vir beleggers en skenkers

“ʼn Groot deel van die sukses van die Toekomsbouer-veldtog is die vennootskappe wat ons bou – nie net met die gemeenskap nie, maar ook met beleggers en skenkers wat die projek wil ondersteun,” sê Schalekamp.

Hy nooi beleggers en skenkers uit om saam met Kanton ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal te smee. “Elke belegging of skenking bring ons nader aan ʼn toekoms waarin Afrikaanse studente hul potensiaal in hul moedertaal kan vervul. Elke belegging en elke skenking bring ons nader aan die visionêre toekoms wat ons bou.”

Akademia-kampus | Argiteksvoorstelling

Raak betrokke

Solidariteit is ʼn trotse vennoot van hierdie merkwaardige projek. Die Solidariteit Boufonds is tot stand gebring juis omdat Solidariteit glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die nuwe, onsekere ekonomie te beskerm. Hierdie fonds het ten doel om na die behoefte van sy mense en die toekoms om te sien deur kennisinstellings te bou.

Is jy ʼn toekomsbouer? Word vandag een en belê in die volhoubaarheid van Afrikaanse hoër onderwys. Nóú is die tyd om saam te bou aan ʼn nalatenskap wat vir geslagte lank sal hou!

Kyk die van die agritekvoorstelling van die kampus:

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel