
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
100 000 stories van hoop: ʼn mylpaal vir Solidariteit!
100 000 registrasies op die netwerkplatform, Solidariteit, is nie net ʼn merkwaardige mylpaal nie. Dit is meer as net ʼn syfer – dit verteenwoordig 100 000 mense met drome, ambisies en ʼn begeerte om te groei in hul werk en lewe.
100 000 registrasies beteken 100 000 stories van hoop, van mense wat met nuwe geleenthede verbind word, wat leer en ontwikkel, wat self ʼn verskil in hul eie lewe en in die gemeenskap maak, wat beskerm en bemagtig word in die werkplek en saam bou en veg vir ʼn beter toekoms – vir Afrikaners en vir Suid-Afrika.
“ʼn Gemeenskap van 100 000. Nou is ons op pad na 200 000. Hou dop – volgende jaar kom ongelooflike nuwe ontwikkelinge op Solidariteit. Dit is lekker om saam met julle deel te wees van so ʼn reusegemeenskap,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
ʼn Bewys van toewyding en groei
“Om 100 000 registrasies te bereik, is ʼn merkwaardige prestasie wat die toewyding en passie van ons gemeenskap weerspieël. Dit is ʼn mylpaal wat ons inspireer om voort te gaan met die skep van geleenthede en die bevordering van leer en groei vir almal. Dit wys hoe ons platform ʼn verskil maak in die lewens van mense deur hulle met werk, kennis en met mekaar te verbind. Ons is trots daarop om deel te wees van hierdie dinamiese gemeenskap.” – Annélize Rood, koördineerder van werkfasilitering
Elke registrasie is ʼn bewys van ʼn aanlyn gemeenskap wat werklik waarde toevoeg tot mense se dag-tot-dag-lewe. Solidariteit is nie net ʼn organisasie nie; dit is ʼn gemeenskap wat mense bemagtig en help om hul volle potensiaal te bereik. Dit is ʼn netwerk van ondersteuning, geleenthede en mentorskap.
ʼn Ligstraal van hoop
“Een platform, maar 100 000 mense. 100 000 drome. 100 000 stories van hoop. Hierdie mylpaal is nie net ʼn syfer nie – dit is ʼn bewys van ʼn gemeenskap wat saamstaan, mekaar ondersteun en ʼn toekoms bou waarin elkeen vry, veilig en voorspoedig onder die Afrikason kan woon en werk. Dit is ʼn ligstraal van hoop vir ons jong mense op hul eie unieke pad na die wêreld van werk, vir ouers wat onseker voel oor hul kinders se toekoms. Wat ons vandag bou, sal voortleef in die generasies ná ons.” – Felicia Richardson, spesialis by Solidariteit se Skoliere-aanbod
Vir duisende jong mense bied Solidariteit ʼn weg na ʼn beter toekoms in onsekere tye. Studente, jong werkendes en selfs ervare beroepslui kry toegang tot ʼn platform wat nie net geleenthede bied nie, maar ook ʼn ondersteuningsnetwerk skep wat mense help om hul drome te verwesenlik.
ʼn Gemeenskap wat saamwerk
“Die bereiking van 100 000 registrasies is ʼn bewys van die krag van samewerking en die waarde van ons gemeenskap. Dit toon dat daar ʼn werklike behoefte is aan ʼn Afrikaanse platform wat mense, geleenthede en kennis bymekaarbring. Elke registrasie is nie net ʼn nommer nie, maar ʼn stap nader aan ʼn sterker, gesamentlike toekoms vir almal wat betrokke is.” – Nicoleen Rall, bestuurder van besigheidsinligting
Die toekoms van werk in Afrikaans word op ʼn nuwe manier gevorm, en Solidariteit speel ʼn kernrol daarin. Met nagenoeg 150 kursusse, beroepsgemeenskappe en ʼn platform wat voortdurend groei, word ʼn stewige grondslag gelê vir ʼn beter, veiliger en voorspoediger toekoms vir almal wat deel is van hierdie netwerk.
Saam bou ons aan ʼn sterker toekoms
“100 000 registrasies beteken 100 000 mense wat bou aan hul toekoms. Van werksgeleenthede en beroepsnetwerke tot opleiding en mentorskap – hierdie platform maak ʼn tasbare verskil in mense se lewe en die wêreld van werk in Afrikaans.” – Megan Galvin, die netwerkplatform se administrasiekoördineerder
Hierdie mylpaal is ʼn bewys van wat moontlik is wanneer ʼn gemeenskap saamwerk, self betrokke raak en sê: “Ons sal sélf!” Dit is nie net ʼn prestasie vir Solidariteit nie – dit is ʼn oorwinning vir elke individu wat hom of haar by Solidariteit skaar en hierdie platform gebruik om ʼn beter toekoms vir hulself en hul gesin te bou.
Afrikaners is besig om wakker te skrik en te besef die regering gaan nie vir hulle veg nie. Ook nie Donald Trump nie. Die oplossings moet uit ons eie geledere kom en die oplossings lê hiér aan die suidpunt van Afrika. Solidariteit veg vir jou, en jý is deel van hierdie unieke gemeenskap.