loading
avatar
Artikels
1 jaar gelede
jyhoorthier-jong-mens-ons-is-hier-om-te-bly

Foto Krediet: OkayDeer

#JyHoortHier, jong mens, ons is hier om te bly!

Jy is jonk, ambisieus en Afrikaans. Jy sing, bid en droom in jou taal. Jy ken die geluide van die plaaslewe, soos die gekekkel van hoenders en die geblêr van skape. Die bekende gevoel van hout onder jou vingerpunte en die reuk van kampvure is jou troos en tuiste.

Jy stap saam met die Voortrekkers kaalvoet oor die Drakensberge en verkyk jou aan die natuurskoon van die Kaap. Tafelberg is jou huis en die Krugerwildtuin is jou speelpark.

Mense vra of daar vir jou ’n toekoms in hierdie land is en jy wonder soms self. Maar dan dink jy aan die Trekkerbloed wat deur jou are vloei en alles wat jou voorouers vir jou opgeoffer het, en dan is die antwoord eenvoudig: Ja – want #JyHoortHier.

#JyHoortHier want Suid-Afrika is jou geboorteland en Afrikaans is jou geboortetaal. Dis koeksisters en melktert, biltong en blatjang. Dis pannekoek bak op ʼn reënerige dag en melkkos by die Boeremark. Dis ouma se drukkies in ʼn kombuis wat soos varsgebakte beskuit ruik. #JyHoortHier, waar ons saam vurig die Springbokke ondersteun en selfs in die stortende reën sal braai.

#JyHoortHier want dit is jou herkoms. #JyHoortHier want dit is jou toekoms. Suid-Afrika is jou erfstuk en die nalatenskap wat jy ook weer eendag gaan agterlaat.

#JyHoortHier! Registreer jou gratis profiel op Solidariteit en raak deel van jou grootse Afrikaanse aanlyn werkgemeenskap.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel