loading
Artikels
1 maand gelede
kantoorpraktisyn-jou-beroep-jou-roeping

Foto Krediet: OkayDeer

Kantoorpraktisyn, jou beroep, jou roeping!

Roeping. Hoe weet jy dat jy jou roeping uitleef? Jou beroep is jou roeping en op 26 Februarie 2025 gaan Solidariteit se kantoorpraktisynsnetwerk weer die Kennis en Klets-reeks webinare voortsit, saam met Hannes Noëth as spreker. Lees hier vir meer besonderhede oor dié webinaar.                                     


Deur Maryna Eksteen

Vanjaar is jou jaar vir groei en vervulling! As kantoorpraktisyn speel jy ’n onmisbare rol in jou werkplek en gemeenskap. Maar het jy al ooit gewonder hoe jy jou alledaagse take met nóg meer inspirasie en doelgerigtheid kan aanpak?

Sluit aan by Solidariteit se eerste Kennis en Klets-sessie van die jaar, waar ons ’n spesiale spreker verwelkom: Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Hierdie aanlyn sessie vind op 26 Februarie 2025 om 13:00 plaas en beloof om jou te inspireer. Dit gaan praktiese wenke te bied oor hoe jy ’n verskil kan maak – nie net in jou kantoor nie, maar ook in die lewens van ander.

Hannes Noëth is ’n passievolle leier met diep wortels in die Suidwes-Vrystaat. Hy beskik oor vyf akademiese kwalifikasies en twee diplomas in berading, wat hom as ’n kundige in die pastorale-, opvoedkundige- en gemeenskapsveld vestig. As skrywer van nege publikasies, insluitend die gewilde Depressie: Struikelblok of uitdaging? het hy reeds talle mense gehelp om met insig en hoop vorentoe te beweeg. Sy filosofie, “Sonder ’n historiese bewussyn het ons geen toekoms nie”, is ’n bewys van sy toewyding aan die bou van sterk, verantwoordelike gemeenskappe.

Hierdie sessie is spesifiek vir kantoorpraktisyns ontwerp om jou te help om:

  • • jou daaglikse werk met nuwe perspektief te sien;
  • • inspirasie te put uit jou unieke rol in die werkplek;
  • • praktiese strategieë te ontdek oor hoe jy met doelgerigtheid en passie kan werk; en om
  • • die verskil te wees wat ander hoop gee.

Moenie hierdie waardevolle geleentheid misloop nie! Maak seker jy bespreek jou plek vir hierdie inspirerende sessie en ontdek hoe jou beroep ’n betekenisvolle roeping kan wees!

Bespreek jou plek hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel