loading
Artikels
6 dae gelede
kantoorpraktisyns-kwesbare-teikens-in-die-werkplek

Foto Krediet: OkayDeer

Kantoorpraktisyns – kwesbare teikens in die werkplek

Deur Mari Ferreira, organiseerder van die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk

Kantoorpraktisyns speel ʼn sentrale rol in elke organisasie. Hul administratiewe kundigheid dra direk by tot die doeltreffende funksionering van ʼn onderneming. Omrede hulle só ʼn onmisbare rol vervul, kan kantoorpraktisyns egter ook besonder kwesbaar wees in die werkplek.

In praktyk is kantoorpraktisyns dikwels ʼn maklike teiken vir onregmatige optrede deur werkgewers of kollegas: viktimisering, seksuele of emosionele teistering, diskriminasie, onsekerheid oor werksekerheid, salarisgeskille en selfs eensydige wysiging van diensvoorwaardes is onder andere uitdagings wat hulle gereeld in die gesig staar. Niemand is daarteen gevrywaar nie en die gevaar lê juis daarin dat sulke situasies dikwels onverwags ontstaan – sonder waarskuwing en dikwels op ’n tydstip wanneer kantoorpraktisyns dit die minste verwag. Selfs die mees toegewyde en pligsgetroue werknemer kan hom of haar skielik in die spervuur bevind, met ernstige gevolge vir hul werksekerheid en welstand.

Lees hier meer oor jou regte:

Jou werk is jou bestaansmiddel, so beskerm dit soos jy jou huis of jou gesondheid beskerm.

Ons almal betaal ʼn versekeringspremie om ons huise, motors, gesondheid en selfs ons lewens te beskerm, maar baie werknemers vergeet dat hul werk en inkomste die grondslag van hul sekuriteit is. Sonder jou werk verloor jy jou inkomste, jou onafhanklikheid en uiteindelik jou vermoë om jou gesin te onderhou. Om jou werk onbeskerm te laat, is om jou toekoms in gevaar te stel.

Jou beskerming en jou sekerheid

Die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk is nie ʼn luukse nie – dit is ʼn noodsaaklikheid. Hierdie netwerk bied nie net kursusse, hulpmiddels en professionele ontwikkeling nie, maar staan werklik langs sy lede wanneer dit saak maak.

Wanneer jy by die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk aansluit, kry jy onmiddellike toegang tot kundige arbeidsregsadvies. Dit beteken dat jy nie net ingelig word oor jou regte nie, maar dat daar ook spesialiste is wat namens jou kan optree indien dit nodig sou wees. Die netwerk bied verder ʼn betroubare veiligheidsnet teen onregmatige optrede in die werkplek – of dit nou diskriminasie, teistering of ander vorme van onbillike behandeling is.

As lid staan jy dus nie alleen wanneer jou regte bedreig word nie; jy het die beskerming en ondersteuning van ʼn organisasie wat jou belange eerste stel. Hierdie netwerk is jou veiligheidsnet, jou eerste verdedigingslinie en jou versekering vir jou werk en inkomste.

Die werklikheid is onmiskenbaar: kantoorpraktisyns ís ʼn maklike teiken. Dit is nie bloot ʼn moontlikheid wat ander raak nie – dit is ʼn harde realiteit wat enigiemand, selfs die mees toegewyde werknemer, kan tref. Vandag kan jy seker voel oor jou posisie, maar môre kan jy jouself onverwags in die spervuur bevind – gekonfronteer met onregmatige optrede, onsekerheid oor jou werk of selfs die verlies aan jou inkomste. In daardie oomblik is dit te laat om agterna te wens jy het vroeër voorsorg getref.

Dit is presies waarom die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk bestaan: om jou nie net te beskerm wanneer jy bedreig word nie, maar om jou voortdurend te ondersteun en langs jou te staan. Deur aan te sluit, verseker jy nie net jou werksekerheid en jou inkomste nie, maar jy belê in jou toekoms en jou reg om met waardigheid en respek behandel te word.

Klik hier en beskerm jouself!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel