
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Kantoorpraktisyns en uitbranding: Werkgewers kan daadwerklik ʼn verskil maak
Deur Anja van den Berg
Uitbranding is nie ’n individuele stryd nie. Dis ʼn wydverspreide probleem wat jou mense se produktiwiteit, moraal en selfs gesondheid ondermyn. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê uitbranding word nou internasionaal as ’n diagnose erken. Boonop toon meer as een toonaangewende navorsingsverslag dat kantoorwerkers besonder kwesbaar is omdat hulle werk dikwels emosioneel, sosiaal én administratief uitputtend is.
Bestuurders, navorsing wys dít maak die grootste verskil teen uitbranding:
- • Gee duidelike prioriteite, nie net nog take nie
’n Oorsig in Harvard Business Review wys dat konstante sperdatums en werkonderbrekings die grootste bydraer tot uitbranding is, veral in administratiewe omgewings. Bestuurders, kommunikeer net wat regtig belangrik is – en ook net wanneer dit belangrik is – en skrap onnodige take.
- • Wees self die voorbeeld vir gesonde grense
Stanford Graduate School of Business stel dat spanlede wat sien hoe hul leiers ontspanning prioritiseer, nie hulself oorwerk nie en gesonder werksgewoontes het, dieselfde ingesteldheid aanneem.
- • Herken en waardeer kantoorpraktisyns se bydraes
Volgens Gallup se 2023 State of the Global Workplace Report voel kantoorpersoneel wêreldwyd ongewaardeerd. ’n Eenvoudige erkenning soos “Dankie dat jy daardie krisis Vrydag rustig hanteer het,” verlaag stres en bou lojaliteit.
- • Bevorder werklike spanwerk, nie konstante vergelyking nie
Kompetisie tussen spanlede lei tot vrees vir mislukking, wat die risiko van uitbranding in administratiewe spanne verhoog. Bou eerder samehorigheid deur spanprojekte bo individuele kompetisie te beloon.
- • Gee toegang tot hulpbronne
Maak seker dat almal toegang het tot regsadvies, kortkursusse en welstandsprogramme. Die American Psychological Association dat hulpbronne pro-aktief bemark word en nie net vir krisisse nie. Dit moet deel vorm van daaglikse welstand.
- • Respekteer afskakeltye
Alle werksplekke behoort ʼn digitale afskakelpunt te bepaal wat behels dat niemand daarna verwag word om aanlyn te wees nie.
- • Moedig mikrobreke aan
Professor Pieter Kruger, direkteur van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) aan die Noordwes-Universiteit, beveel aan om elke uur vir minstens drie tot vyf minute, verkieslik buite, te beweeg.
- • Normaliseer dit om hulp vra
Mense is dikwels bang om vir hulp vra uit vrees om as onbevoeg gesien te word. Kweek ’n omgewing waar dit as wys gesien word om vir ondersteuning te vra.
Wat sê die wet in Suid-Afrika oor uitbranding?
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Arbeidsverhoudinge vereis dat werkgewers:
- • redelike werkure toeken;
- • rusperiodes insluit; en
- • pro-aktief voorkom dat werkplekomstandighede tot fisiese of geestelike skade lei.
As jy oorlaai of afgetakel voel, het jy die reg om onbillike werksdruk aan jou bestuurder of jou vakbond, soos Solidariteit, te rapporteer.
Solidariteit beskerm en ondersteun kantoorpraktisyns deur toegang tot verskeie hulpbronne en dienste te bied. Ons is gereed om jou by te staan met wenke vir ʼn gesonde werksomgewing, praktiese ondersteuning en opleidingsprogramme. Word deel van die Solidariteit Kantoorpraktisynsnetwerk en #RaakBetrokke.
Skep vandag nog jou gratis profiel op ons alles-in-een-platform!